Groter poel vir Desert Jewels

Netbal
Andrew Poolman
Netbal Namibië maak in November geskiedenis wanneer hy vir die eerste keer die senior Afrika-kampioenskap in Windhoek gaan aanbied.

Die beheerliggaam het gister bevestig dat Namibië saam met sy hoofborg Debmarine tans gereed maak om eerstens sy gebruiklike Pent-toernooi vanaf 31 Oktober tot 5 November aan te bied.

Lande het nog tot môre om hul deelname aan die toernooi te bevestig, maar die koms van Uganda, Kenia, Zimbabwe, Zambië en Malawi is sover reeds vasgeknoop.

“Die Afrika-netbalkampioen­skap sal vanaf 9 tot 16 November by die Patrick Iyambo polisiekollege se bane in Olympia gespeel word – na verwagting met deelname van min of meer dieselfde lande, plus 'n paar byvoegings,” sê me. Rebekka Goagoseb, Netbal Namibië se visepresident.

Die nasionale beheerliggaam het terselfdertyd sy oefengroep vir die Desert Jewels aangekondig wat op hierdie twee toernooie sal begin voorberei.

Ses nuwelinge is tydens die pas afgelope MTC Namibiese nasionale premierliga geïdentifiseer, naamlik Ilyn Pura, Victoria Hasheela en die verdedigers Monique Basson, Sunshine Murangi, Geltrud Shiputa en Maria Blessing.

Vanuit die Varsitybekerreeks in Suid-Afrika is Monica Gomases en Cornelia Mupenda (beide Universiteit Johannesburg) en Juzelri Garbers (UP Tuks) ook vir nasionale diens opgeroep.

Die aangewese oefengroep:



DOELSKIETERS

Jatjinda Tjihero (Mighty Gunners, Khomas)

Louise Kausehue (Namibië Korrektiewe Dienste, Erongo)

Jessica Kuzatjike (Afro Cats, Khomas)

Anna Kaspar (Namibia Navy, Ohangwena)

Eve Kamutushi (Tigers, Ohangwena)

Jessica Moolman (Wanderers, Khomas)

Ilyn Pura (Namibië Korrektiewe Dienste, Omaheke)

Tusnelde Fillemon (Tigers, Khomas)

Nelandre Mostert (Khomas)



MIDDELBAANSPELERS

Selma Bittler (Afro Cats, Erongo)

Loide Hanyana (Tigers, Omusati)

Anna Shipanga (Tigers, Oshikoto)

Maria Mulunga (Tigers, Otjozondjupa)

Imbileni Frans (Wanderers, Khomas)

Pupe Kandovazu (Namibië Korrektiewe Dienste, Khomas)

Uahengisa Tjozongoro (Mighty Gunners, Khomas)

Zante Farmer (Wanderers, Khomas)

Victoria Hasheela (Rebels, Rundu)



VERDEDIGERS

Monica Gomases (Universiteit Johannesburg, Hardap)

Juzelri Garbers (UP Tuks, Khomas)

Cornelia Mupenda (Universiteit Johannesburg, Erongo)

Mwale Mulenamaswe (Tigers, Zambezi)

Tjeripo Kambirongo (Namibië Korrektiewe Dienste, Khomas)

Monique Basson (United Twelve, ||Kharas)

Sunshine Murangi (Grootfontein, Otjozondjupa)

Geltrud Shiputa (Dollar Stars, Zambezi)

Maria Blessing (Dollar Stars, Zambezi)

FOTO’s
Eve Kamutushi in aksie vir die Namibiese Desert Jewels tydens die Spar-uitdaagtoernooi in Kaapstad in Maart vanjaar. Foto Reg Caldecott

Die Namibiese Desert Jewels se afrigter Julene Meyer (links) en hulpafrigter Chrisna Alberts tydens die 2021 Spar-uitdaagreeks in Kaapstad. Foto Reg Caldecott
Monica Gomases was vanjaar verskeie kere speler van die wedstryd vir UJ in die Varsitybekerreeks. Foto Twitter

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!