Groter pogings om Afrika-pikkewyn te bewaar
Die spesie, wat net in Namibië en Suid-Afrika teel, is van kwesbaar tot bedreig geherklassifiseer.
Om die grootte van die Afrika-pikkewynbevolking te handhaaf het die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls (SANCCOB) befondsing gekry om gespesialiseerde reaksietoerusting vir geoliede wildlewe aan te skaf.
SANCCOB werk tans saam met die Amerikaanse dieretuinvereniging, wat ’n program genaamd Saving Animals from Extinction (SAFE) van stapel gestuur het.
SAFE het ’n rampondersteuningsprojek vir die Afrika-pikkewyne, wat hoofsaaklik ten doel het om voorbereidheid en reaksie vir Afrika-pikkewyne te verbeter.
Die Internasionale Unie vir Natuurbewaring (IUCN) het die Afrika-pikkewyn, wat net in Namibië en Suid-Afrika teel, in 2010 geherklassifiseer van kwesbaar tot bedreig.
Dié spesie kan uitsterf as die kwessie nie dringend aandag kry nie.
Dr. Katta Ludynia, SANCCOB se navorsingsbestuurder, het opgemerk die Afrika-pikkewynbevolking het in die 1970’s miljoene behels, maar staan tans net op 21 500 in Namibië en Suid-Afrika gesamentlik.
Namibië se bevolking behels slegs 5 500 Afrika-pikkewyne en Suid-Afrika 16 000.
Ludynia het gesê hierdie syfer is sowat 3% van die oorspronklike bevolking, en het besoedeling as ’n sleutelkwessie vir lande se seewater geïdentifiseer.
"Hoewel Namibië se Afrika-pikkewynbevolking klein is, is dit al 'n paar jaar stabiel, terwyl Suid-Afrika s’n elke jaar verminder," het sy gesê.
Bedreigings vir die voortbestaan van dié pikkewyne is Vrydag op Swakopmund tydens 'n vergadering tussen die Nasionale Mariene Besoedelings-gebeurlikheidsplan, SANCCOB en die Amerikaanse Dieretuinvereniging bespreek.
"Ander redes vir die afname van die voëls is die toenemende vang van sardyne, wat pikkewyne se stapelvoedsel is, wat dan 'n tekort aan voedsel vir die voëls beteken, asook roofdiere," het Ludynia gesê.
Die groep het ook genoem hoewel oliebesoedeling die hoofoorsaak van uitsterwing is, rehabilitasiesentrums op Swakopmund en Lüderitz bestaan waar voëls gerehabiliteer kan word wat deur oliestortings geraak is.
Die Afrika-pikkewyn kom langs die kus by Lüderitz in Namibië voor. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie