Groter saamstaan is enigste uitweg
WILLEM DE WET SKRYF:
En so maak ons ons kinders se beddens op met duwweltjies tussen die lakens.
Hoe de hel kan ons as verantwoordelike grootmense toesien dat waardes, beginsels, opvoeding en dissipline op ons skof so afgewater word dat ons kinders nie meer in vrede ’n kwaliteit lewe sal kan lei nie?
Op ons skof is lyfstraf afgestel, godsdiens in skole verbied, die doodstraf afgestel, korrupsie oorgesien, dagga gewettig en die verkeersreëlboek opgeskeur. Geweld teen vroue en kinders word aanvaar en vergrype op regeringsvlak is aan die orde van die dag. Hospitale is hole en skole net so sleg. Paaie val uitmekaar en munisipaliteite vaal. Die polisie kan nie diens lewer nie, want hulle werwe staan vol stukkende karre en hulle is te lui om dit reg te maak.
So kan ons aangaan en aangaan. Ons moet ons koppe in skaamte laat sak, want ons laat vir ons kinders ’n byna onbestuurbare en onregmaakbare gemors, waarmee hulle moet probeer voortboer en ’n bestaan maak.
Is ons trots op dit wat ons vandag voor ons sien? Dit is nie ’n strikvraag of polities verkeerd om te vra nie, want die verval op alle vlakke skreeu ten hemele, ongeag wat jou geloof of herkoms is.
Verkeerd is verkeerd en dit kan mos nie so aangaan nie!
Onder die dekmantel van humanitêre beginsels is ons besig om ongeregtigheid en verval te magtig en te regverdig. Ons laat sak standaarde en ons aanvaar minderhede se intimidasie om beginsels te laat vaar en hul onwettighede te regverdig.
Hoe lyk ons land twee generasies van nou af? Geen verkeerstekens, geen paaie wat rybaar is, dwelms gewettig, onderwys is ’n gevaarlike beroep, die regering steel voort en dienste verval, die weermag rand mense aan en maak soos hulle wil, water is op en werkloosheid is ’n beroep. Moord en doodslag is gewettig en vroue en kinders is prooi. Universiteite en skole is afgebrand en hospitale is ’n doodsakker. Die bome is alles afgekap en ons vis is alles in ’n vreemde land geblik. Renosters het uitgesterf en ons aande word by kerslig deurgebring. Die Bybel lê in ’n boks in die garage saam met die kinders se ou skoolboeke?
Ek sal gelukkig baie hiervan nie in my lewe sien nie, maar op my werf is ek koning en op my werf lewe en strewe ek na daardie wêreld waarin die reëls nog geld en mense nog trots is daarop om hul beste te gee. ’n Wêreld waarin dissipline en regverdigheid geld en brood eerbaar verdien word. Waarin kinders maniere het en respek het vir hul seniors, hul onderwysers, die kerk en die reëls het. ’n Wêreld waarin vroue en kinders met respek behandel word en op die hande gedra word.
’n Wêreld waarin die kar gewas word en die huis met trots vertoon, al is die inhoud karig. ’n Wêreld waarin die huisdiere leef soos konings en die tuin versorg is. ’n Wêreld waarin dwelms ’n euwel is en humeure onwelkom is. ’n Wêreld waarin die wilde voëls gevoer word en veilig is. ’n Wêreld waarin herwin en hergebruik word en water nie gemors word nie.
’n Wêreld waarin belasting betaal word, die karre op die pad is, skoolgeld betaal word en ’n deel vir die gemeenskap gedoen word. ’n Wêreld waarin jou kuierplek op die strand skoner gelos word as wat jy hom gekry het en waarin ’n geleende item terugbesorg word en ook beter lyk as toe hy geleen is. ’n Wêreld waarin vreemdelinge gegroet word en ’n toeris met ’n pap wiel gehelp word en daar nuwe vriendskappe uit gebore word.
’n Wêreld waarin ’n draad en ’n grens gerespekteer word en steel ’n vloekwoord is. ’n Wêreld waarin eerlikheid en integriteit goue medaljes is en jou woord nie onderhandelbaar is nie.
En so kan ons aangaan en aangaan en aangaan.
Hierdie is "basic rules of engagement” wat niks kos nie, maar onbetaalbaar waardevol in my oë is. Ek het in so ’n wêreld grootgeword en ek probeer my bes om hierdie beginsels aan die gang te hou tot voordeel van my kinders se toekoms, maar daar is ’n groter saamstaan nodig om ons land weer op die regte pad te kry.
Dit sal introspeksie verg en elkeen sal sy deel moet doen om die beginsels wat hy of sy so effe verwaarloos het weer blink te vryf en met oorgawe daarby te staan en dit uit te leef op so ’n manier dat ander aangesteek word om dieselfde te doen.
Ons kan dit doen, maar wil ons?
(Redakteursnota: Hierdie brief is ontvang voordat president Hage Geingob Dinsdag selfondersoek as die regering se sentrale dryfveer vir 2020 aangekondig het.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie