Group Five: Groot beleggers baklei nou kaalvuis
Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het nog aandele in Group Five gekoop, wat sy belang nader aan dié van Allan Gray, die grootste enkele aandeelhouer, bring.
Die twee batebestuursfirmas stamp kop oor wie tot die konstruksiefirma se nuwe direksie verkies gaan word.
Die OBK het sy belang na 20,135% vergroot, het Group Five Maandag op Sens gesê.
Al vyf Group Five se onafhanklike direkteure het onlangs bedank omdat Allan Gray, wat namens sy kliënte 25% van Group Five besit, gesê het hy het sy vertroue in die direksie verloor.
'n Heeltemal nuwe direksie vir die konstruksiegroep word op 24 Julie op 'n buitengewone aandeelhouersvergadering verkies.
Een van die grootste strydpunte is die batebestuursfirma Allan Gray se voorstel dat Mike Upton, wat van 2007-'14 die groep se uitvoerende hoof was, tot die direksie verkies word.
John Job, 'n voormalige direkteur, is ook onder die vyf kandidate wat Allan Gray benoem.
Albei was by Group Five ten tyde van die tenderknoeiery met Suid-Afrika se Wêreldbekersokkerstadions. Allan Gray beskou sy vyf kandidate glo as 'n pakket.
Allan Gray het 50% plus 1 stemme van alle aandeelhouers nodig om sy direkteure verkies te kry.
Benewens Upton en Job is die Allan Gray-vyf Reitumetse Huntley, Nazeem Martin, Nyami Mandindi en John Job.
Dit gaan egter nie sonder 'n twis plaasvind nie. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie