Growthpoint reik groen effekte uit
Growthpoint reik groen effekte uit

Growthpoint reik groen effekte uit

Die genoteerde eiendomsgroep Growthpoint Properties is die eerste Suid-Afrikaanse maat­skappy wat 'n groen effek op die JSE noteer.

Die Growthpoint Green Bonds is Vrydag op die JSE genoteer en met looptye van vyf, sewe en tien jaar uitgereik.

Die groen effekte sal gebruik word om geld in te samel vir projekte wat tot 'n beter omgewing en die stryd teen klimaatsverandering sal bydra, sê Growthpoint in 'n ­verklaring.

Die effekte van R1,1 miljard sal spesifiek gebruik word om groen geboue en omgewingsinisiatiewe by Growthpoint te finansier. Dit vorm deel van die ­maatskappy se mediumtermyn-skuldbrief­program van R20 miljard. Growth­point se effekte het 'n gradering van Aaa van Moody's en talle banke hou Growthpoint-skuld­instrumente as sogenaamde “­hoëgehalte- likiede bates”.

Hoewel Growthpoint die eerste Suid-Afrikaanse maatskappy is wat groen effekte uitreik, is hy al voorgespring deur ander wat betref ander soorte groen beleggings, soos Old Mutual, wat 'n effektetrust gehad het wat in omgewingsvriendelike aandele belê het, en Sterling Waterford, wat in 'n stadium 'n skuldbriefinstrument op die JSE gehad het wat in koolstofkrediete belê.

Dié skuldbriewe was gekoppel aan die prys van 'n koolstofkrediet.

Norbert Sasse, uitvoerende hoof van Growthpoint, sê die groen effekte verbind die groep se volhoubare ontwikkelings. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!