Gróót regshervorming binnekort op pad
Denver Kisting – Die werksaamhede van die land se howe word deur verskeie uitdagings gekortwiek.
In die lig van hervorming wat die minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, onlangs aangekondig het, het die regbank gister lig gewerp op die swaar las, waaronder veral landdroshowe met onderhoudseise gebuk gaan.
’n Totaal van 28 462 aktiewe onderhoudsbevele is tans van krag wat deur die Windhoek-landdroshof in Katutura alleen uitgereik is.
Shanghala het twee weke gelede ’n wetsontwerp in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê, waarvolgens strenger met onderhoudswanbetalers afgereken sal word.
Mnr. Tousy Namiseb, die adjunk- permanente sekretaris (PS) van justisie, sê hoewel wetgewing voorsiening maak vir poste vir onderhoudsondersoekers en –beamptes, is al dié poste vakant.
Volgens hom tree hofklerke tans as ondersoekers op en staatsaanklaers vertolk die bykomende rol van onderhoudsbeamptes.
’n Toename in die bevolking bring ’n toename in misdaad teweeg.
Só sê me. Rolanda van Wyk, die PS van justisie.
Van Wyk en ’n hoëprofielspan van die regbank, insluitend Namiseb, het die media gister oor hul werksaamhede toegespreek.
Vanweë die styging in misdaad is dit opnuut belangrik om na die dienspunte – howe – te kyk, sê Van Wyk.
Genoeg hulpbronne is in die laerhowe gestort, wat meebring dat die ampstermyn van die laaste vyf buitelandse landdroste einde vanjaar verstryk.
Hierna sal net Namibiërs op die bank in laerhowe wees, het Van Wyk gesê.
Die direkteur gemoeid met die laerhowe, mnr. Innocent Kandandu, het terselfdertyd uitgebrei oor dié howe se hantering van onderhoudseise.
Hy het gesê 33 landdroshowe werk tans met sulke eise.
Van Wyk het gister gesê sy wil oop kaarte speel oor hoe stadig die wiele van geregtigheid by veral die laerhowe draai.
Sake word dikwels in dié howe uitgestel omdat een of meer partye nie gereed is nie, sê sy.
Dit sluit wetstoepassers, soos die polisie en die Teenkorrupsiekommissie (ACC), in.
Hiernaas kan dit ook die staatsaanklaers, prokureurs wat die direktoraat regshulp aanstel, en private prokureurs insluit.
Namibiërs sal eersdaags ook makliker uit giftige huwelike kan stap, het Namiseb gesê.
In dié stadium kan mens net in ’n hoërhof skei. Daar is net twee in die land – een in Windhoek en een op Oshakati.
In die toekoms sal mens jou huwelik deur ’n streekhof kan laat beëindig.
Dit sal goedkoper wees, vinniger plaasvind en toeganklikheid in die algemeen verbeter, het Namiseb gesê.
Daarnaas sal huweliksmaats ook nie meer hoef te bewys die gade van wie hulle wil skei, was ontrou of het hulle kwaadwillig verlaat nie.
Die onherstelbare verbrokkeling van die huwelik sal genoeg rede wees om ’n egskeiding te verseker, het hy gesê.
Me. Ingrid Unengu, ’n landdros, het gepraat oor die uitreiking van beskermingsbevele binne die raamwerk van die wet op die bestryding van huishoudelike geweld.
Tydens die kwartaal wat September 2018 verstryk het, is 84 beskermingsbevelaansoeke afgehandel, 163 tussentydse bevele toegestaan en 48 aansoeke teruggetrek.
Een van hul uitdagings is dat howe nie nauurs oop is nie.
In dié stadium, sê Unengu, is daar ’n landdros en klerk by die Windhoek-landdroshof wat op eie stoom naure versoeke om beskermingsbevele hanteer.
Van Wyk het beklemtoon ’n beskermingsbevel waarborg nie die veiligheid van ’n klaer nie. “Dikwels moet die slagoffer terugkeer na die huis waar die gevaar is.”
Die regbank voer tans gesprekke met belanghebbendes oor veilige hawes vir klaers, sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie