Gróót, soet 16de . . .

Rugby
Dani Booysen
Meer as N$8 000 is nou in die sakkie vir die Amos Meerkat-projek vir behoeftige kleuterskole in Namibië.

Die sesde eienaar van 'n Wêreldbeker-rugbybal geteken deur Namibiese spanlede is Willem Wessels Junior, 'n graad 9-leerling aan die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP).

Sy pa en naamgenoot het Sondag, die dag waarop die nuutste veiling gesluit het en sy seun 16 jaar oud geword het, vasgebyt tot die bod op hom toegeslaan is. Dit was die “soetste 16de” verjaarsdaggeskenk waaraan hy vir sy seun kon dink.

“Wow, dis 'awesome',” het Willem junior Dinsdag gesê toe hy die present ontvang het.

Adriaan Booysen, 23-jarige Namibiese agtsteman wat by die afgelope Wêreldbeker teen die Springbokke en die All Blacks speelkans gekry het, is 'n neef van die Wesselse. Willem junior speel slot en losvoorspeler vir Affies se tweedespan.

“Ek hoop en glo ook dat die skenking 'n verskil aan ander kinders se lewens sal maak,” sê pa Willem. “Die verskil wat ander mense in my kind se lewe gemaak het, laat voel my ek kan ook 'n verskil in ander se lewens maak.”

Hy versamel reeds sedert 1999 WB-gedenkstukke en reken hy sal dalk nog 'n bal vir sy eie versameling moet koop met nog 'n donasie aan die Amos Meerkat-projek.

Nog net twee soortgelyke versamelstukke is op die spel. Kyk hiernaas hoe om jou bod te maak.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer