Grumoord op hoewe: Hausiku pleit onskuldig
Grumoord op hoewe: Hausiku pleit onskuldig

Grumoord op hoewe: Hausiku pleit onskuldig

’n Werker op hul hoewe het mnr. Hendrik Coetzee glo vermoor en die vrou probeer ontvoer.
Kristien Kruger
Kristien Kruger Mnr. Kazana Nicolaus Hausiku (27) het gister in die hoërhof in Windhoek onskuldig gepleit op die moord van mnr. Hendrik Petrus Coetzee.
Hy word daarvan beskuldig dat hy die 59-jarige man met ’n byl doodgeslaan het en sy 56-jarige vrou beroof en ontvoer het.
Hausiku het vir drie weke by die egpaar gewerk voordat hy hulle op 10 November 2018 op hul hervestigingsplot in die Otjimbingwe-omgewing aangeval het.
Hy het na bewering vir Coetzee met ’n byl agter sy kop geslaan terwyl laasgenoemde in die erf besig was. Hierna het hy glo sy vrou gedreig, beroof en met haar in die Coetzees se motor weggejaag.
Sowat 35 km van die hoewe het die voertuig op die grondpad omgeslaan en hy het weggehardloop.
Die vrou is oomblikke later deur verbygangers gekry en na die hospitaal geneem.
Hausiku word ook daarvan beskuldig dat hy ’n vrou op die hoewe verkrag het.
Hy staan tereg op een klag van moord, diefstal, verkragting, ontvoering, bestuur sonder ’n geldige lisensie en roekelose en nalatige bestuur van ’n voertuig.

ONSKULDIG GEPLEIT
Hausiku het op alle klagte onskuldig gepleit.
Sy verdediging is dat hy Coetzee in selfverdediging doodgemaak het.
Hy ontken dat hy enige vrou verkrag het. Hy beweer hy het nie Coetzee se vrou ontvoer nie, maar dat sy gewillig in die motor geklim het. Volgens hom was dit sy wat bestuur en die motor omgegooi het.
Nadat hy onskuldig gepleit het, het die verhoor begin en die eerste getuies is geroep.

STAATSGETUIES
Die eerste staatsgetuie was ’n mediese dokter van Walvisbaai se staatshospitaal, dr. Augustu Gawab, wat Coetzee se nadoodse ondersoek hanteer het.
Na sy mening sou so ’n slag teen die agterkop veroorsaak dat die slagoffer binne vyf minute sou sterf en sou mediese nooddienste nie dié uitkoms verander het nie.
Die staatsaanklaer het hom gevra of dit volgens die mediese bewyse en sy mening blyk asof die moord in selfverdediging gepleeg kon word.
“Ek kan nie met sekerheid sê nie, maar alle beserings is aan die agterkant van die oorledene se liggaam.”
“Volgens die mediese bewyse het die oorledene ná die harde slag met ’n skerp voorwerp, vooroor geval en met sy gesig in die grond gelê tot hy van die toneel verwyder is,” het hy gesê.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!