Gruvonds in waterpoel gevind
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het mnr. Namhindo Victor (63) glo Sondag omstreeks 02:00 in Breemondstraat in Kuisebmond in sy sinkhuis doodgebrand. ’n Verbyganger het iemand hoor skree en die rook gesien. Hy het die bure wakker gemaak om die vlamme te help blus, maar dit was te vergeefs. Ses sinkhuis het afgebrand.
Vrydag het die 35-jarige me. Aina Neema in haar slaapkamer doodgebrand. Haar huismaats het rook uit haar kamer sien kom en die polisie in kennis gestel. Die voorval het om 23:50 in Oluno in Ondangwa plaasgevind.
MOORD
Die liggaam van ’n twee maande oue babadogtertjie is Saterdag om 14:00 in die Ohamwaala-nedersetting op Outapi in ’n waterpoel gevind. Kinders wat bokke oppas, het op die gruvonds afgekom. Die polisie vra enigiemand wat inligting oor die misdaad het of wat iemand van die misdaad verdink om hul naaste polisiekantoor te kontak.
Mnr. Festus Ndiwakalunga (26) het Vrydag aan sy beserings in die staatshospitaal op Oshakati beswyk. Drie mans het hom na bewering op 29 Julie aangeval terwyl hy en sy meisie in die Tsintsabi-nedersetting geloop het. Die verdagtes het hom met stokke en klippe aangerand. ’n Verdagte (24) is in hegtenis geneem en twee is nog op vrye voet.
VEEDIEFSTAL
Twee mans is Saterdag omstreeks 15:30 by die plaas Onreg op Leonardville in hegtenis geneem nadat hulle glo vyf skape gesteel het. Die skape is teruggevind.
Twee mans is Vrydag om 08:00 in hegtenis geneem nadat hulle ses bokke gesteel en geslag het. Hulle het glo die karkasse in hul kamer weggesteek. Die voorval het in die Onethindi Olukonda-gebied by Onayena plaasgevind.
Twee mans van onderskeidelik 17 en 44 jaar oud is Saterdag in die Katutura- informele nedersetting op Opuwo in hegtenis geneem nadat hulle nie bevredigende antwoorde aan polisiebeamptes oor die twee donkies in hul besit kon verskaf nie.
Saterdag is twee verdagtes van onderskeideilik 15 en 28 jaar oud by die plaas //Ana-ams in hegtenis geneem. Hulle was in die besit van ’n bokkarkas ter waarde van N$900. Na bewering het hulle die bok op die plaas gesteel en geslag.
BEDROG
Vyf sake van bedrog word deur die polisie op Ongwediva ondersoek nadat ’n onbekende persoon altesaam N$44 384.28 uit verskeie persone se bankrekeninge onttrek het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie