Gruwels agter geslote deure
'n Grumoord in Windhoek waarin 'n negejarige meisie glo doodgeslaan en haar liggaam in 'n asblik na 'n munisipale drom vervoer is voordat die oorskot toe aan die brand gesteek is, hou die krisisse van huishoudelike en geslagsgeweld vierkantig in die nasionale oog en psige.
Een van die beskuldigdes het verlede week tydens 'n eerste hofverskyning getuig sy het in die huis gewoon. Dit is onseker hoe gereeld geweld dalk daar afgespeel het. Volgens die 36-jarige vrou het sy onder dwang haar man gehelp om die jong meisie se lyk te verwyder en te skend.
Van die voortvlugtiges is naby Okakarara aangekeer.
Die koerant het uit sekere oorde vuur getrek omdat die Zimbabwiese herkoms van die beskuldigdes vermeld is. Die gegewe is bloot as feit vermeld.
Niemand moet in die slaggat trap om te probeer aanvoer sulke dade is vreemd aan die spreekwoordelike “Namibiese Huis” nie. Talle voorbeelde uit die verre en onlangse verlede weerspreek sulke skynheilige verontskuldigings.
Baie inligting ontbreek nog in die saak, maar gewoonlik kom alles uiteindelik aan die lig.
Die vrou se bieg in die hof, in die afwesigheid van haar man en terwyl sy kon swyg, krap opnuut 'n belangrike aspek van dié soort geweld oop: dwang en die meelopende stilte – faktore wat veelal sulke misdade in die hand werk en 'n teelaarde skep waarin dit in sulke skokkende gruwels kan ontplof.
Buiten ruimtes skep waarin vroue en kinders hulle uit sulke slawerny kan bevry, bly die groter vraag: Wie het almal ook geweet? En geswyg?
So sê ander
3 Februarie 2020
Nou is Brittanje weer letterlik én figuurlik 'n eiland
Brexit is 'n voldonge feit. Brittanje het Vrydagnag ná 47 jaar as deel van eers die Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG) en sy opvolger, die Europese Unie (EU), uitgetree.
Brittanje is vrý, sal sommige sê. Of, as 'n mens dit uit 'n ander hoek wil bekyk, die EU is eindelik van die las van die alewige Britse remskoen bevry. Geen wonder nie dat daar in Brussel 'n heimlike sug van verligting geslaak word.
Nou volg 'n oorgangsperiode van 11 maande, waartydens 'n nuwe handelsverdrag gereël moet word. Terselfdertyd wil premier Boris Johnson 'n grootse handelsverdrag met Amerika kry.
As die Britte dink die Europeërs en Amerikaners gaan oor hul voete val van gretigheid, het hulle dit mis. Albei instansies gaan kliphard in eiebelang onderhandel.
Vlak voor sy terugkeer na Suid-Afrika ná 'n bydrae van drie jaar as invloedryke staatsman in Brittanje en Europa, het genl. Jan Smuts, 'n intellektuele swaargewig, die Britte teen selfoorskatting gewaarsku: “Die wrede feit is dat Groot-Brittanje 'n piepklein eilandjie aan die einde van Europa is.”
Die Brexiteers wat meen die glorieryke Britse verlede gaan herleef, kan gerus Smuts se profetiese woorde ter harte neem.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie