Gryswaterstelsel help sopkombuis
Tanja Bause - Mnr. John Mafukidze van Hope Initiatives Southern Africa (HISA) het Urban Green in 2016 genader om 'n gryswaterstelsel vir die Babilon-nedersetting aan te koop.
“Met die waterbeperkings kon ons nie ons groentetuin ten volle benut nie. Daarom wou ons so 'n stelsel aankoop. Die groentetuin is belangrik, omdat dit groente aan ons sopkombuis en ons kinders verskaf,” het Mafukidze gesê.
Ná 'n besoek aan HISA se sentrum het mnr. Brand van Zyl, van Urban Green, die stelsel, ter waarde van N$40 000, aan die sentrum geskenk.
“Nadat ek gesien het watter impak die sentrum op omliggende gemeenskappe het, het ek besluit om die stelsel aan hulle te skenk. Mens kan ook sien die organisasie staan nie net bakhand nie, maar wil self iets doen,” het Van Zyl gesê.
Die gryswaterstelsel vang alle kombuis- en stortwater op.
Die water wat herwin is word dan gebruik om die groentetuin nat te lei.
“Met dié stelsel kan ons nou ons groentetuin weer optimaal gebruik en selfs uitbrei,” het Mafukidze gesê.
Hope Initiatives het in 2004 met hul werksaamhede begin. Dit huisves 'n speelgroepie, gemeenskap-, opleiding- en jeugsentrums, asook 'n tuinprojek. Hope Initiatives het ook 'n oorbruggingskool waar kinders wat tydelik uit hoofstroomskole geneem is weens sosio-ekonomiese probleme, weer na die skoolbanke kan terugkeer.
“Ons maak die kinders skoolgereed sodat hulle weer by 'n hoofstroomskool kan aansluit,” het Mafukidze gesê.
HISA help die gemeenskap van drie informele nedersettings met tweedehandse klere, die verkryging van hul identiteitsdokumente, en hulle bied ook lees- en skryfklasse vir volwassenes aan.
Urban Green het in 2004 met stadbeplanning en omgewingsbestuur begin. Hul herwinbare waterprojek is in 2010 begin. Dit behels die herwinning van grys- en swartwater.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie