Guaidu00f3 belowe humanitu00eare hulp sal Venezuela inkom
Guaidu00f3 belowe humanitu00eare hulp sal Venezuela inkom

Guaidó belowe humanitêre hulp sal Venezuela inkom

Juan Guaidó, opposisieleier in Venezuela wat homself tot president van die land verklaar het, het belowe hy sal humanitêre hulp die land laat inkom ondanks pres. Nicolás Maduro se weiering van dié hulp.

Guaidó het sy volgelinge belowe die hulp sal op 23 Februarie in die land wees, berig ARMRadio.

“Bykans 300 000 Venezolane sal sterf as die hulp nie toegelaat word nie. Daar is verder sowat 2 miljoen mense wie se gesondheid in gevaar is,” het Guaidó gesê.

Vragmotors vol humanitêre hulp van Amerika het verlede week in die grensstad Cúcuta in Colombië aangekom. Die vragmotors staan steeds op die Tienditas-brug wat deur soldate van Venezuela versper word.

Maduro het vroeër gesê hy sal nie die hulp in sy land toelaat nie omdat dit aan Amerika die regverdiging sal gee om in te meng in sy landsake.

Daar is drastiese voedseltekorte in Venezuela wat ’n groot ekonomiese krisis beleef.

HULPDEPOT

Guaidó word deur Amerika en talle ander Westerse lande as die tussentydse president van Venezuela erken.

Verteenwoordigers van Brasilië het ook reeds met Guaidó samesprekings gehou om nog ’n hulpdepot in Brasilië in die grensstaat Roraima op te rig, berig die BBC.

Guaidó het ’n beroep op vrywilligers gedoen om te help met die verspreiding.

Hy het ook amnestie aangebied vir militêre personeel wat wegbreek van Maduro. Hy het aan hulle gesê dit is ’n misdaad teen die mensdom om humanitêre hulp te weier.

Maduro geniet nog wye steun in die land en word ook deur die weermag gesteun. Ook Rusland en China erken en steun sy regering.

Maduro het aan Orla Guerin van die BBC gesê pres. Donald Trump en sy regering is ’n “spul ekstremiste” en hy het die skuld vir die ekonomiese krisis in sy land op hulle gepak.

“Hulle is oorlogsugtig en wil Venezuela oorneem,” het Maduro gesê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!