Gucci steek Hermes verby in luukse mark
Gucci steek Hermes verby in luukse mark

Gucci steek Hermes verby in luukse mark

Millenniërs is die dryfkrag agter die opswaai in die verkope van luukse goedere.

Handelsname soos Gucci, Saint Laurent en Balenciaga pluk nou die vrugte van ’n verskuiwing van hul fokus na die jonger mark.

Klante onder die ouderdom van 35 jaar was verantwoordelik vir tot 35% van die groei in die luuksegoederemark in 2017, volgens die navorsingsgroep Bain.

Die Italiaanse mode-handelsnaam Gucci het ’n kwart van hierdie wegholgroei behaal, met vergelykbare verkope wat in die vierde kwartaal in 2017 met 43% gegroei het, volgens Gucci se moedermaatskappy, Kering SA.

Dit beteken sy verdienste het dié van sy groot mededinger, Hermes, verbygesteek.

In 2017 het Hermes International se inkomste tot €5,5 miljard gestyg terwyl Gucci se verdienste €6,2 miljard was.

Jean-Marc Duplaix, die Kering-groep se finansiële hoof, skryf die sukses toe aan ’n nuwe geslag ontwerpers wie se fokus meer op die internasionale mark gerig is.

“Hul estetiese bydrae strek baie wyd, van die dekor in die winkels tot die veldtogte wat op sosiale media gevoer is.”

Daar word ook gepoog om die klante ten volle by die handelsnaam te betrek.

Alessandro Michele, ’n Gucci-ontwerper, se skeppings wat met kristalle en blinkertjies getooi is, het die afgelope vakansieseisoen ’n vuur onder verbruikers aangesteek.

Dié gesogte ontwerper se trefkrag en visie word nou ook gebruik in advertensieveldtogte vir parfuums deur Gucci se lisensiehouer, Coty.

In 2017 het Gucci jong kopers gelok deur sy vennootskap met Instagram-digters, asook deur opslaanwinkels by sekere geleenthede.

Hier kon klante hul Gucci-handsakke met skoenlapper- en blommotiewe verpersoonlik.

Balenciaga se handelsnaam-baadjies en luukse kouse met rubbersole verkoop steeds goed terwyl Saint Laurent met mode-items vir die jonger mark op die Paryse modeweek gespog het. – Netwerk/Bloomberg, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!