Guptas kry bloedneus teen Bank of Baroda
Die regter het bevind 'n 'tussentydse tussentydse interdik' word nie in die Suid-Afrikaanse reg erken nie.
Die Guptas het gister 'n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria verloor om te keer dat die Bank of Baroda (BOB) hul 20 maatskappye se rekeninge en leningsgeriewe op 30 September sluit.
Dis die sesde bank wat die Gupta-maatskappye die deur wys. Eers was dit Nedbank, FNB, Absa, Standard Bank en die Bank van China.
Die Gupta-maatskappye wou dié “tussentydse tussentydse interdik” teen die BOB bekom om die bank te keer om op 30 September sy dienste aan hulle te staak omdat die maatskappye se aansoek om 'n “tussentydse interdik” eers op 7 Desember in dié hof aangehoor kon word.
Op 7 Desember sou die Guptas die hof vra om die bank te dwing om vir eers die rekeninge en lenings in stand te hou totdat die Guptas se hoofhofaansoek volgende jaar aangehoor word.
Dán gaan die Guptas die hof vra om te verklaar dat die BOB se beëindiging van sy dienste aan die maatskappye nietig en ongeldig verklaar word.
Regter Hans Fabricius het pas, in die opsomming van sy uitspraak, gesê in die Suid-Afrikaanse reg word 'n “tussentydse tussentydse interdik” nie erken nie.
Hy het gesê die oppergesag van die reg en die integriteit van die land se finansiële stelsel weeg swaar in die BOB se guns in dié saak.
Fabricius het die 20 Gupta-maatskappye se aansoek om 'n “tussentydse tussentydse interdik” met koste van die hand gewys. Díe 20 maatskappye, onder hulle Oakbay en Tegeta, word deur die Gupta-familie besit en beheer.
Die BOB gaan die 20 maatskappye se transaksierekeninge en die leningsgeriewe aan vier van dié maatskappye einde September sluit en vra dat die uitstaande leningsbedrae aan hom terugbetaal word. Die vier met lenings is Annex Distribution, Confident Concept, Sahara Computers en VR Laser Services.
Die BOB het aangevoer ongeag of negatiewe publisiteit oor 'n bank se kliënt waar is of nié, is 'n bank geregtig om die verhouding met die kliënt te staak as die kliënt 'n swak reputasie het.
Die BOB het in hofstukke (in teenkanting van die maatskappye se hofaansoek) gesê die Gupta-familie en hul ondernemings is die onderwerp van ernstige aantygings van onwettige optrede, wat korrupsie en geldwassery insluit. Die maatskappye het ook 'n groot aantal verdagte transaksies “gegenereer”.
'VERDAGTE TRANSAKSIES'
“In net tien maande tot Julie 2017 het die BOB meer as 36 verdagte transaksies van meer as R4,2 miljard by die Finansiële Intelligensiesentrum (Fic) aangemeld waarby die (maatskappye) betrokke is.”
Daarom het die bank besluit om sy bande met hulle te beëindig op grond van “ernstige reputasie-, regs- en kommersiële risiko's” wat heers as hy met die Gupta-familie en die maatskappye bly vereenselwig word.
In die 20 maatskappye se hoofaansoek, wat eers later aangehoor word, word die hof gevra om te verklaar dat die bank se briewe wat sy dienste aan die maatskappye staak, ongeldig en oneffektief is.
Adv. Gilbert Marcus SC, een van die advokate namens die BOB, het vroeër voor Fabricius aangevoer 'n mens het die grondwetlike reg op dissosiasie. Die BOB wil nie meer met die Gupta-entiteite geassosieer word nie en dís die bank se grondwetlike reg. Die bank het ook die reg om 'n reputasie te hê. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie