Guptas se mynfondse bevries
Die tussentydse bevel vereis dat die Bank of Baroda die geld vir die Optimum- en Koornfontein-steenkoolmyn in rentedraende rekeninge moet behou.
Elvira Wood - Die hooggeregshof in Pretoria het gister R1,75 miljard bevries wat by die Bank of Baroda in ’n rehabilitasietrustfonds gehou word.
Dit volg na die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) ’n aansoek om ’n dringende interdik om die fondse wat vir die rehabilitasie van die Optimum- en Koornfontein-steenkoolmyn geoormerk is te bevries.
“Hierdie is nog ’n soete oorwinning vir Suid-Afrika waar daar gekeer word dat nog R1,75 miljard die land verlaat of deur die Guptas geplunder word,” sê Ben Theron, bedryfshoof van Outa.
“Die stryd is egter nog lank nie verby nie aangesien ons wil verseker die Gupta-familie en dié wat vir staatskaping verantwoordelik is word aanspreeklik gehou.”
Fondse wat vir die rehabilitasie van myne opsy gesit word, mag volgens die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne (MPRDA) nie vir enige ander doel gebruik word nie.
“Die trustees van die fondse wat met die Guptas verbind kan word, is na bewering wanbestuur wat die familie toegelaat het om dit te gebruik om lenings terug te betaal.
“Ons sal die individue laat vervolg en hulle aanspreeklik hou vir hul gedrag afhangende van die finale uitkoms van die aansoek,” sê Theron in ’n verklaring.
Daar was geen teenkanting teen Outa se aansoek nie.
Die tussentydse bevel vereis dat die Bank of Baroda die geld vir albei myne in rentedraende rekeninge moet behou.
Die trustees en persone met tekenregte word verhoed om “op enige manier direk of indirek daarmee te doen te hê, ontslae te raak daarvan of enige van die fondse of bates daarvan uit Suid-Afrika te skuif nie. Die bevel is van toepassing op alle bates van die trustfondse, nié net die by die Bank of Baroda nie”.
Die saak is tot 7 Desember uitgestel.
Outa het onlangs ’n beroep op Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, gedoen om te help om die fondse te beskerm. Die belasting-waghond sê die minister het nie op die versoek gereageer nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie