Guptas se Oakbay gaan gelikwideer word
Luidens ’n beëdigde verklaring het Tegeta die aansoek gebring aangesien Oakbay hom nie kan betaal nie.
Elvira Wood – Die Guptas se Oakbay Investments gaan gelikwideer word omdat hy nie sy filiaal Tegeta kan betaal nie.
Dis die tweede keer dat ’n aansoek vir Oakbay se likwidasie gebring word; einde verlede jaar is likwidasie tydelik afgeweer.
Die sakeredder Kurt Knoop het op Maandag 18 Februarie ’n aansoek namens Tegeta Exploration and Resources om Oakbay te laat likwideer by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien.
Luidens die beëdigde verklaring het Tegeta – wat ’n groot belang in die omstrede Optimum-steenkoolmyn besit wat steenkool aan Eskom lewer – die aansoek gebring aangesien Oakbay hom nie kan betaal nie. Optimum lewer sowat 200 000 ton steenkool per maand aan die Hendrina-kragstasie en voer via Burgh Group steenkool na die Britse maatskappy Vitol uit.
Die aansoek – wat uit 98 bladsye bestaan – verduidelik dat Oakbay vir Tegeta R3,8 miljoen vir huur skuld, maar dit nie kan betaal nie.
Luidens die dokumente het Tegeta en Oakbay sedert 2013 ’n huurooreenkoms gehad waarvolgens Oakbay teen R150 000 per maand kantoorruimte by Tegeta in sy kantore in Sandton, Johannesburg, huur.
Dié huur, met rente, is nooit betaal nie.
“Die respondent het tot op hede nie die bedrae betaal wat geëis is nie, of geweier om dit aan die aansoeker te betaal.”
Dit is onmoontlik om in te dink dat die respondent [Oakbay] ooit weer in staat gaan wees om ’n bankrekening in Suid-Afrika oop te maak.
Kurt Knoop
Die verklaring sê ook Oakbay het nie op aanmanings dat hy die skuld moet betaal, gereageer nie.
Knoop sê dus in sy verklaring hoewel Tegeta al die regte prosesse gevolg het, het dit misluk en hy het nou geen ander keuse as om aansoek om likwidasie te doen nie.
Om sake te vererger, wys Knoop daarop dat Oakbay ook geen bankrekening het waarmee hy die skuld kan betaal nie.
Dit kom nadat al die Suid-Afrikaanse banke die rekeninge van maatskappye wat aan die Guptas behoort, gesluit het.
Die Bank of Baroda het wel die rekeninge oorgeneem, maar het in 2018 ook besluit om eerder aan Suid-Afrika te onttrek. Daarna het die maatskappye geen bankfasiliteite gehad nie.
“Dit is onmoontlik om in te dink dat die respondent (Oakbay) ooit weer in staat gaan wees om ’n bankrekening in Suid-Afrika oop te maak.
“Onder dié omstandighede is dit onmoontlik om te dink dat die respondent ooit weer in staat sal wees om transaksies as ’n sakeonderneming in Suid-Afrika te kan aangaan,” lui die verklaring.
Tegeta het ook op 11 September 2018 ’n aansoek gedoen om Oakbay te laat likwideer – om dieselfde rede – maar toe het Oakbay wel van die uitstaande skuld betaal.
Gupta-skuld
Luidens die verklaring skuld die onderskeie Gupta-maatskappye in sakeredding tans sowat R4 miljard.
Dit sluit die Optimum- en Koornfontein-steenkoolmyn, die Optimum-steenkoolterminus in Richardsbaai en Shiva Uranium in.
Sowel Tegeta as Oakbay se enigste bates is hul belang in dié maatskappye. Tegeta het ’n belang in almal terwyl Oakbay net ’n belang in Shiva het.
Knoop verduidelik dat met dié skuld en geen ander bron van inkomste nie, is daar dus nie enige moontlikheid dat die maatskappye weer volhoubaar sal wees nie.
Die sakeredders beplan om die Optimum- en Koornfonteinmyn en die terminus aan Project Halo te verkoop.
Bouwer van Niekerk, die prokureur wat die verkoop van die bates behartig, het voorheen aan Netwerk24 gesê hulle wag net vir Eskom se goedkeuring as grootste krediteur voordat die transaksie beklink kan word.
Project Halo het reeds aan die einde van 2018 ’n bod van R3,6 miljard vir die bates ingedien. Project Halo word deur die Australiese bank Macquarie gerugsteun.
Eskom het steeds geen besluit oor die transaksie geneem nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie