Gurirab: ‘Lewende ensiklopedie’

Hoofregter Peter Shivute sê baie mense het nie geweet hoe skreeusnaaks wyle mnr. Theo-Ben Gurirab was nie.
Denver Kisting
Denver Kisting – Hy sal hom veral onthou vir sy skerp humorsin.

Só het hoofregter Peter Shivute gister aan huis van die ontslape diplomatieke reus, mnr. Theo-Ben Gurirab, in Klein Windhoek gesê.

Shivute het gesê hy en die 80-jarige Gurirab het veral ’n noue band gevorm toe Gurirab die speaker van die Nasionale Vergadering (NV) was.

Ondanks dié vriendskap was Gurirab egter getrou aan die bepalings van die Grondwet, sê Shivute.

“Hy was baie duidelik oor die onafhanklikheid van die regbank en oor skeiding van magte (tussen die regbank, die parlement en die uitvoerende gesag). Terselfdertyd het hy besef die drie staatsorgane bestaan in die belang van die staat en sy mense.”

Shivute het voorts gesê hy het baie by Gurirab geleer. “Trouens, hy was ’n lewende ensiklopedie. Dit is ’n groot verlies vir die nasie, sy familie en vir my persoonlik.”

Shivute is vergesel deur sy vrou, regter Naomi Shivute.

Op sy beurt het die president van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, gister gesê: “Daar bestaan geen twyfel nie dat ons nasie ’n ikoniese staatsman verloor het wat geweldig veelsydig was. Hy was ’n man wat deur sy intellek aangevoer is.”

Venaani sê Gurirab was “’n seldsame politikus” wat erkenning gegee het selfs aan opposisiepartye wanneer hulle goed gevaar het. Eweneens, sê Venaani, het Gurirab nie geskroom om kritiek te lewer nie en selfs Swapo is nie gespaar wanneer dit nodig was nie.

Sy vertroue in Venaani was só groot dat hy in ’n stadium dié opposisieleier gelas het om in sy plek ’n afvaardiging na Nigerië te lei, het Venaani gistermiddag gesê. “Ons onthou ’n man wat ’n heer was, ’n denker, ’n begaafde storieverteller en ’n seldsame diplomaat.”

Hulle het verskeie ander internasionale reise saam onderneem, het Venaani verder onthou.

Sy mees onlangse herinnering aan Gurirab is toe hy vroeër vanjaar ná die begrafnis van me. Stienie Mudge, weduwee van die oudpolitikus mnr. Dirk Mudge, vir Gurirab en sy vrou, me. Joan Guriras, ’n saamrygeleentheid huis toe gegee het.

Die eertydse mediaman, mnr. Bob Kandetu, het vir Venaani met dié versoek genader toe die Gurirabs se motorbestuurder laat was.

Die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het gister gesê begrafnisreëlings vir Gurirab sal later bekend gemaak word.

Gurirab het Saterdag in ’n Windhoekse hospitaal gesterf.

Kort nadat hy Saterdag by Guriras, aangedoen het, het president Hage Geingob gesê hy het ’n vriend, ’n kameraad en ’n reus van die bevrydingstryd verloor.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!