Guscott: u2018SA moet kwotas laat vaaru2019
Guscott: u2018SA moet kwotas laat vaaru2019

Guscott: ‘SA moet kwotas laat vaar’

Rugby
Kwotas is deels verantwoordelik vir Springbokrugby se agteruitgang en Suid-Afrika moet dit prysgee en weer spanne op meriete kies om met die bestes te kan meeding.

Só sê die voormalige Engelse toetsspeler Jeremy Guscott, wat in ’n meningstuk in die Britse koerant The Rugby Paper skryf dat Springbok-rugby se afwaartse kurwe begin het met die instelling van die kwotastelsel.

Guscott, ’n gevierde senter wat ná sy toetsbuiging in 1989 oor ’n dekade in 65 toetse vir Engeland gespeel het en ook op drie toere van die Britse en Ierse Leeus was, skryf onder die opskrif “Springboks need to pick best XV on ability alone” dat die uitdagings wat die stelsel van kwotas aan Springbok-rugby stel, op hul afgelope toer sigbaar was.

Hy sê dat sedert kwotas ingestel is vir die nasionale span, dit ’n groot uitdaging sou wees om die beste vyftiental op die veld te kry.

“Hierdie uitdaging is in die oorweldiging (van die Springbokke) teen Ierland en Wallis gesien.

“Voeg daarby die probleem van die groot getal van die land se beste spelers wat oorsee speel, en dit vergroot die kwessie van Suid-Afrika se mededingendheid op elite-vlak.

“Suid-Afrika het enorme diepte, maar die realiteit is dat die beste spelers nie vir die Springbokke speel nie.

“Ek het simpatie met Suid-Afrika, maar die implementering van die kwotastelsel was van die begin af ’n fout.

“Hulle moet wegdoen met kwotas en spelers volgens hul vermoëns kies.

“Dit beteken ook om spelers te kies wat goed genoeg is en hul brood oorsee verdien, indien die Springbokke weer mededingend wil wees.

“Anders sal niks verander nie.”

Guscott sê Suid-Afrikaanse rugby het steeds goeie stories – soos dié van die Springbok-flank Siya Kolisi – om te vertel.

“Kolisi het in die township Zwide aan die buitewyke van Port Elizabeth grootgeword. Hy is op 12-jarige ouderdom deur talentsoekers by ’n jeugtoernooi raakgesien en het ’n beurs by die bekende Grey High gekry, waar hy vir die eerste span uitgedraf het. Hy het Suid-Afrika se o.20-span in 2010 en 2011 verteenwoordig en ook vir die Westelike Provinsie uitgedraf voordat hy sy toetsbuiging in 2013 gemaak het.

“Kolisi is op meriete in die Springbokspan en toe Eben Etzebeth teen Wallis die veld verlaat het, het Kolisi die kapteinskap oorgeneem. Die goeie nuus is dat Kolisi sy profiel as bekende rugbyspeler gebruik om as rolmodel vir jong swart en bruin spelers te dien. Kolisi het met goeie vertonings op die veld sy insluiting in die Springbok-span regverdig.”

Guscott sê sommige van Allister Coetzee se spankeuses het dié seisoen die wenkbroue laat lig.

“Wat het hom byvoorbeeld besiel om die losskakel Handré Pollard in Cardiff met Elton Jantjies, wat nie ’n goeie spelpeil handhaaf nie, te vervang?

“Coetzee moet goeie spankeuses maak indien Suid-Afrika nie sy status as een van die voorste rugbylande ter wêreld wil verloor nie.

“Jy moet slim en intelligent wees om in die era van professionele sport te oorleef en die politieke inmenging in Suid-Afrika is duidelik nie van hulp nie,” skryf Guscott. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-10-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 3 Real Valladolid European Championships Qualifying: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United English Championship: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United Katima Mulilo: 22° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 16° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:12, High tide: 04:24, Low Tide: 22:40, High tide: 16:38 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:10, High tide: 04:22, Low Tide: 22:38, High tide: 16:36 Walvis Bay: 13° | 21° Wind speed: 43km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:10, High tide: 04:21, Low Tide: 22:38, High tide: 16:35 Rehoboth: 12° | 31° Mariental: 15° | 31° Keetmanshoop: 14° | 31° Aranos: 14° | 32° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 14° | 16° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 21° | 36° Harare: 17° | 32° #N/A #N/A