Gustavo kry vandag sy beurt in hof

Nog ’n besigheidsman, mnr. Ricardo Gustavo, wat na bewering by die Fishrot-skandaal betrokke was en glo sowat N$22,4 miljoen gebaat het, sal vandeesweek die hof om borgtog vra.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Ná ses Fishrot-beskuldigdes verlede week in die hof verskyn het, begin nog ’n medebeskuldigde se formele aansoek om borgtog vandag in die hoërhof in Windhoek.

Die gewese kliëntediens-direkteur by Investec Asset Management Namibia, mnr. Ricardo Gustavo, se formele aansoek om borgtog is gister na vandag uitgestel.

Volgens sy verdediging, mnr. Trevor Brockerhoff, word die saak weens logistieke redes uitgestel.

Die staat beweer Gustavo, wat die enigste lid van Nangomar Pesca Namibia is, het sowat N$22,4 miljoen uit die Fishrot-skandaal gebaat.

KLAGSTAAT

Gustavo staan tereg op twee klagte van rampokkery, twee klagte van geldwassery, drie klagte van bedrog en sameswering om bedrog te pleeg, asook een van diefstal.

Regter Herman Oosthuizen het ook die media-uitsending goedgekeur en hofverrigtinge sal regstreeks gestroom word.

Volgens Oosthuizen sal die media strenger regulasies moet nakom nadat die regstreekse uitsending tydens die formele aansoek om borgtog van medebeskuldigdes mnre. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Otneel Shuudifonya, Mike Nghipunya, Pius Mwatelulo en Phillipus Mwapopi weens sekere aspekte van die uitsending problematies was.

“Gesprekke is afgeneem toe die regter nog nie in die hof was nie. Dit is ontoelaatbaar en kan lei tot die benadeling van partye en skending van hul regte,” het Oosthuizen gesê.

Soos in verlede week se formele aansoek om borgtog van ses Fishrot-beskuldigdes, word die staat deur mnre. Cliff Lutibezi en Ed Marondedze verteenwoordig. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!