Gustavo 'wil verduidelik'
Gustavo 'wil verduidelik'

Gustavo 'wil verduidelik'

'n Fishrot-beskuldigde vra dat die hof hom sal toelaat om na sy vierslaapkamerhuis op Finkenstein terug te keer.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – “Dit voel asof ek in ’n bokskryt is en my een hand is agter my rug vasgemaak, maar my opponent slaan met beide vuiste.”

So het dieFishrot-beskuldigde mnr. Richardo Gustavo, die gewese kliëntediens-direkteur by Investec Asset Management Namibia en die direkteur van Nangomar Pesca Namibia, gister in sy fomele aansoek om borgtog in die hoërhof in Windhoek oor sy ervaringe in die tronk gesê.

Gustavo en sy verteenwoordiger, mnr. Trevor Brockerhoff, doen aansoek om borgtog op verskeie gronde, onder meer sy gesondheid, persoonlike omstandighede, die onwaarskynlikheid dat hy met die ondersoek en getuies sal inmeng en die onwaarskynlikheid dat hy sal vlug.

“Ek is bereid om enige borgtogvoorwaardes van die hof na te kom.”

Gustavo het tydens sy getuienis gesê ondersoekbeamptes het hom nooit die geleentheid gegee om sy kant van die storie te vertel of ’n verklaring af te lê nie.

“Die owerhede het my nooit die geleentheid gegee om myself te verduidelik nie. Hulle het ondersoeke gedoen en toe is ek skielik in hegtenis geneem.

"Nou moet ek hier my onskuld probeer bewys. Ek beplan om hierdie aantygings te veg, want dit is nie waar nie.”

OOREENKOMSTE MET ANGOLA

Dit blyk uit sy getuienis die ministeries van visserye en mariene hulpbronne van Namibië en Angola het verskeie ooreenkomste vir onder meer die vang, verspreiding, verpakking en bemarking van vis onderteken.

Volgens dokumente wat in die hof ingedien is, het die Fishrot-beskuldigde en voormalige minister van visserye, mnr. Bernard Esau, daardie ooreenkomste in 2007 en weer in 2014 onderteken.

“Die staat wil dit laat blyk asof jy en Bernard Esau agter die ooreenkomste was,” het Brockerhoff dit aan Gustavo gestel.

“Ek het nie die ooreenkomste onderteken nie en was in 2007 nie by die visbedryf betrokke nie.

Toe ek betrokke geraak het, was bedrywighede reeds in ’n gevorderde stadium,” het Gustave geantwoord.

50 000 METRIEKE TON OOR 6 JAAR

Die staat beweer dat die beheermaatskappy, Nangomar Pesca Limitada van Angola - waaronder Nangomar Pesca Namibia funksioneer – sowat 50 000 ton se viskwotas oor 'n tydperk van ses jaar ontvang het.

Hoewel Gustavo dit erken het, het hy ontken dat dit tot die voordeel van homself en sy mede-beskuldigdes was.

Hy ontken verder die aantyging dat Nangomar verantwoordelik was vir sowat 18 000 mense in die visbedryf wat hul werk verloor het.

DIE AANKLAG VAN BELASTINGONTDUIKING

Gustavo het getuig dat in sy kapasiteit as die direkteur van Nangomar, dié entiteit al sy belastingsvereistes nagekom het.

“Belastingontduiking is iets wat 'n mens opsetlik doen en dit was nie my gedrag nie. Sover ek weet het die besigheid alle relevante belasting betaal.

"Ons het finasiele state wat ons aan die eienaars gegee het en dit is tog nie die gedrag van iemand wat belasting ontduik nie,” was sy woorde.

PERSOONLIKE OMSTANDIGHEDE EN GESONDHEID

Gustavo het tydens sy getuienis vertel dat hy in Junie vanjaar Covid-19 in die tronk opgedoen het. Hy ly tans aan ‘lang-Covid’ en ervaar steeds simptome.

Hy sê verder dat hy vyf kinders het en dat sy finansiele situasie van so aard is dat as hy nie borgtog kry nie, hy dit nie sal kan bekostig om sy twee seuns se skoolfonds te betaal nie en hulle nie langer by Windhoek Gimnasium kan skoolgaan nie.

Gustavo sal vandag sy getuienis in voltooi waarna die staatsaanklaer, mnr. Cliff Lutibezi, met kruisondervraging sal begin.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!