'Gyselaarsdrama is terreur'

Die Islamitiese Staat (IS) sê een van sy lede was verantwoordelik vir die gyselaarsdrama in Melbourne, Australië.
Malcolm Turnbull, premier van Australië, sê die polisie beskou 'n dodelike gyselaarsdrama in Melbourne as 'n “terreurdaad”.

Die Islamitiese Staat (IS) beweer een van sy lede was verantwoordelik vir dié voorval.

Die polisie het 'n gewapende man, Yacqub Khayre (29), Maandag doodgeskiet nadat hy 'n vrou in 'n woonstelgebou in Melbourne as gyselaar gehou het.

Drie polisielede is gewond nadat Khayre op hulle geskiet het. Die gyselaar is ongedeerd.

Khayre is in 2009 vrygespreek nadat hy saamgesweer het om 'n militêre basis in Sydney aan te val.

“Die terroristeaanval deur 'n bekende misdadiger, 'n man wat onlangs op parool vrygelaat is, is 'n skokkende, lafhartige misdaad,” sê Turnbull.

“Dit benadruk die noodsaaklikheid dat ons voortdurend waaksaam moet wees, nooit afgeskrik moet word nie, altyd uitdagend, in die lig van Islamitiese terrorisme.”

Graham Ashton, polisiekommissaris van die Victoria-staat, sê die polisie ­ondersoek die voorval nadat die IS-groep deur sy nuusagentskap, Amaq, verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar het.

“(IS) is altyd geneig om op te spring en verantwoordelikheid te aanvaar wanneer ('n terroristeaanval) plaasvind,” sê Ashton.

Ashton sê Khayre, oorspronklik van Somalië, het 'n lang misdaadgeskiedenis en was tydens die aanval uit op parool.

Khayre is vrygespreek van 'n same­swering om die Holsworthy-weermagkaserne in Sydney aan te val.

Drie ander mans is in hegtenis geneem.

Ashton sê die getuienis wat hulle gekry het tydens 'n klopjag by die huis waar Khayre saam met sy ma gewoon het, dui aan dat hy met die jongste voorval waarskynlik alleen opgetree het.

Die bedreiging wat sy aanval ingehou het, is dus verby.

Khayre het gereël om 'n prostituut by 'n woonstelblok in die voorstad Brighton te ontmoet.

Ashton sê hy het 'n personeellid by die woonstelblok vermoor toe hy daar aankom.

Nadat hy die vrou vir verskeie ure as gyselaar gehou het, het Khayre skielik vanuit die gebou op die polisie losgebrand, wat op sy skote gereageer en hom doodgeskiet het.

Australië is 'n bondgenoot van die VSA en is sedert 2014 op die uitkyk vir aanvalle deur binnelandse militante wat terugkeer van die oorlog in die Midde-Ooste, asook hul ondersteuners.

Die polisie het die afgelope paar jare verskeie sameswerings gefnuik.

'n Gewapende man het in Desember 2014 'n gyselaar doodgeskiet tydens 'n beleg by 'n gewilde kafee in Sydney wat 17 uur geduur het.

Koeëlfragmente van die polisielede se wapens het na die dood van nog 'n gyselaar gelei toe hulle die kafee binnestorm en die man doodmaak.

Die man was nie met enige militante groepe geaffilieer nie en het alleen opgetree.

Ses mense wat beplan het om op Kersdag bomme in Melbourne te laat ontplof is in hegtenis geneem.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!