Hóé gesê, weerman?
Elvira Hattingh – Tussen voorspellings vir wydverspreide én enkele donderbuie kan enigeen effens verward begin voel.
Die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, meen egter daar is geen rede om deur die weer te wees nie en het weerterme soos volg verduidelik.
“Indien ons sê daar bestaan ’n 50%-kans op reën vir ’n gegewe gebied, beteken dit ons verwag dat 50% van dié area wel reën sal ontvang,” het hy verduidelik. Hy sê dit is dus nie ’n aanduiding van die hoeveelheid, sterkte en duurte van ’n reënbui nie – maar eerder die wolkbedekking.
Volgens hom beteken ’n 90%-kans op reën dus ook nie dat groter of swaarder buie reën sal voorkom as wanneer ’n 10%-kans op reën bestaan nie.
Terselfdertyd gebruik voorspellers verskillende terme om die kans van reën aan te dui.
“Indien ons van enkele donderbuie praat, verwag ons dat die buie ver verspreid sal wees en dat daar sowat 5%- tot 10%-wolkbedekking, oftewel kans op reën sal wees.
“Geïsoleerde donderbuie, verwys na buie wat wyd verspreid of kol-kol voorkom asook 15%- tot 30%-wolkbedekking.
“Verspreide donderbuie dui op ’n wolkbedekking van 45% tot 60% en wanneer ons die woord ‘wydverspreid’ gebruik, beteken dit die wolke sal ’n groot gebied dek (60 tot 80%).”
Volgens Kgobetsi word die twee terme “elders” en “anders” om die beurt tydens ’n voorspelling gebruik en beteken dit min of meer dieselfde.
“Dit word gewoonlik aan die einde van ’n weervoorspelling gebruik en verwys na gebiede wat nie spesifiek tydens die voorafgaande voorspelling genoem is nie,” het hy verduidelik.
Op die vraag of “mooiweer” in die geval van Namibië nie eerder na reënerige weer moet verwys nie, sê hy dit verwys na ’n sonnige dag met ’n oop, blou hemel.
“Is die blou lug dan nie ook mooi nie?”
Indien die weerman van plek-plek praat, verwys hy na kolle in ’n groot gebied, soos byvoorbeeld die Noordooste.
“Dit is ’n aanduiding dat byvoorbeeld reënneerslae minstens 10 km uit mekaar oor so ’n gebied kan voorkom,” het hy verduidelik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie