Haaie pak WP in eindstryd met dié span

Rugby
Tinus van Staden - Robert du Preez, die Haaie se hoofafrigter, het besluit om nie veel aan ’n wenspan te torring vir die Curriebeker-eindstryd teen die Westelike Provinsie môre in Durban nie.

Die breier het net een gedwonge verandering aan sy beginspan aangebring wat die Blou Bulle verlede week met 37-27 in die halfeindstryd op Kingspark getroef het.

Odwa Ndungane is in die beginspan op linkervleuel ingesluit in die beseerde Sbu Nkosi se plek. Nkosi het sy elmboog in die wedstryd teen die Bulle ontwrig.

Die eindstryd sal Ndungane se laaste beroepsrugbywedstryd wees nadat hy vroeër vanjaar sy uittrede uit die spel aangekondig het. Dit sal ook dié 36-jarige vleuel se 252ste wedstryd vir die Haaie wees.

Rhyno Smith neem Ndungane se plek op die plaasvervangersbank in.

Daar is steeds geen plek vir die Springbok-haker Chiliboy Ralepelle in die groep nie. Nietemin behoort Ralepelle Sondag by Allister Coetzee, Bok-breier, se groep vir die jaareindtoer ingesluit te word.

Haaie: Garth April, Kobus van Wyk, Lukhanyo Am, Marius Louw, Odwa Ndungane, Curwin Bosch, Louis Schreuder, Dan du Preez, Jean-Luc du Preez, Keegan Daniel, Ruan Botha (kapt), Tyler Paul, Ross Geldenhuys, Franco Marais, Thomas du Toit. Reserwes: Akker van der Merwe, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Jean Droste, Jacques Vermeulen, Michael Claassens, Tristan Blewett, Rhyno Smith.

WP WAAG MET WILLEMSE

Die tienerster Damian Willemse keer terug na die Westelike Provinsie se beginspan in ’n dapper skuif vir môre se Curriebeker-eindstryd teen die Haaie op Kingspark in Durban, skryf Stephen Nell.

Willemse, wat op die plaasvervangersbank was vir verlede naweek se halfeindstryd teen die Goue Leeus, vervang vir Dillyn Leyds in die laaste vesting. Leyds skuif van heelagter na vleuel in die plek van Ruhan Nel, wat op sy beurt weer buitesenter toe skuif weens ’n besering aan EW Viljoen.

Voorlangs het die WP se breier, John Dobson, vir Sikhumbuzo Notshe en Cobus Wiese as sy flanke gekies. Hulle vervang onderskeidelik vir Jaco Coetzee en Kobus van Dyk.

Coetzee het verlede week harsingskudding opgedoen teen die Leeus, terwyl Van Dyk op die plaasvervangersbank is.

Die WP se span: Damian Willemse, Seabelo Senatla, Ruhan Nel, Huw Jones, Dillyn Leyds, Robert du Preez, Dewaldt Duvenage, Nizaam Carr, Cobus Wiese, Sikhumbuzo Notshe, JD Schickerling, Chris van Zyl (kapt), Wilco Louw, Bongi Mbonambi, JC Janse van Rensburg. Reserwes: Ramone Samuels, Ali Vermaak, Frans van Wyk, Jan de Klerk, Kobus van Dyk, Jano Vermaak, Werner Kok, Dan Kriel.

FAMILIETWIS

In die week is geskerts dat die Curriebeker-eindstryd in Durban net een aanvaarbare uitkoms vir Sonja du Preez kan hê: ’n Haaie-sege met die WP se Robert du Preez as die speler van die wedstryd.

Sonja se man, Robert, is immers die Haaie se afrigter. Haar tweelingseuns, Jean-Luc en Dan, speel ook in Durban, met Robert junior as die enigste Du Preez-verteenwoordiger in die WP-span.

“My ma is uiteraard baie trots op ons. Sy het ’n sagte plekkie vir Rob omdat hy nie hier bly nie. Sy was trots op die manier waarop hy in die vorige wedstryd teen ons gespeel het. Sy sal ons almal die naweek ondersteun,” sê Jean-Luc, wat môre op steelkantflank sal begin.

Robert het twee weke gelede ’n uitstekende vertoning teen die Haaie gelewer toe die WP hulle in Durban geklop het.

“Ons het mekaar ’n bietjie geterg op die familiegeselsgroep ná daardie wedstryd. Rob speel altyd goed teen my pa, hy het glo ook goed gespeel vir die Maties teen die Pukke toe my pa hulle afgerig het. Maar hopelik gebeur dit nie weer die naweek nie,” sê Jean-Luc. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!