Haaie se agttal wemel van nuwelinge
Superrugby
Christo Buchner - Terwyl die Haaie ’n gevestigde agterlyn gekies het wat wemel van Springbokke vir Vrydagaand se eerste Super-rugbywedstryd van die seisoen teen die Bulle op Kingspark in Durban, is daar ’n aantal nuwe gesigte tussen die voorspelers.
Die oud-Stormer Sikhumbuzo Notshe maak sy debuut as agtsteman, terwyl die voormalige Leeu James Venter as flank begin, met ’n voormalige Cheetah, Ox Nche, wat die nuwe loskopstut is.
Lukhanyo Am voer die span aan, terwyl daar ook tussen die plaasvervangers nuwelinge in Le Roux Roets en Henco Venter is.
Roets het verlede seisoen ’n draai tydens die Superreeks by die Waratahs in Sydney gemaak en het in die Curriebeker-reeks vir die Pumas gespeel, terwyl Henco Venter soos Nche ’n oud-Cheetah is.
Vir die nuwe flank Venter sal dit ’n spesiale oomblik wees om vir die span te speel wat hy as ’n jong seun ondersteun het. Hy het aan die Natalse suidkus grootgeword, voordat hy na die Goudstad is en vir die Leeus begin speel het.
Hy het nog in verlede jaar se Curriebeker-eindstryd in Bloemfontein twee drieë as plaasvervanger vir die Leeus gedruk.
Die skakelpaar van Sanele Nohamba en Boeta Chamberlain, wat in verlede jaar se Curriebeker-reeks ook speelkans vir die Haaie gekry het toe Sean Everitt as afrigter oorgeneem het, bevind hulle ook albei op die reserwebank. So ook die senter Jeremy Ward, wat nog verlede jaar een van die Haaie se medekapteins in die Curriebeker-veldtog was.
Curwin Bosch, wat bo Chamberlain as losskakel in die beginspan gekies is, sê ’n goeie atmosfeer heers in die groep en dat hy baie bly is hy kry nou sy regmatige kans op losskakel en dat hy in daardie posisie kan groei.
Verlede jaar moes hy as losskakel tweede viool speel teenoor die afrigter, Robert du Preez, se seun met dieselfde naam.
Dit het heelwat omstredenheid veroorsaak en daar is vingers na Du Preez gewys dat hy sy seun voorgetrek het, terwyl sy spelpeil nie regverdig het dat hy bo die baie begaafde Bosch moes speel nie.
Deurdat Bosch toe as heelagter ingespan moes word, het dit beteken dat Aphelele Fassi nie altyd deel van die span was nie. Nou speel Fassi heelagter, met Bosch in die nr. 10-trui.
Die Haaie-span: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Louis Schreuder, Sikhumbuzo Notshe, Tyler Paul, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche. Reserwes: Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Henco Venter, Sanele Nohamba, Boeta Chamberlain, Jeremy Ward. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie