Haal hulle van die strate
Haal hulle van die strate

Haal hulle van die strate

Dani Booysen
Een van die jongste gruweldade teen 'n Namibiese kind het die publiek met rede opnuut in opstand oor ou, onopgeloste leemtes in die land se vervolgingstrukture.

Goed en wel die polisie het redelik vinnig weer die gewoontemisdadiger en vermeende reeksverkragter Gewen Gawa- nab vasgetrek, maar die jarelange aanloop tot sy beweerde skending en verkragting verlede week van 'n agtjarige meisie verbyster die verstand.

Gawa-nab het nou sy borgtog verbeur in 'n ander verkragtingsaak. Daar is in totaal nou drie verkragtingsake teen hom, buiten vir klagte van gepoogde verkragting, aanranding en huisbraak. Minstens vier ander sake is al teruggetrek of van die rol geskrap.

Gawa-nab is maar net een van talle voorbeelde waaroor Namibiërs gereeld in die media lees – oortreders met lang lyste sake teen hulle wat maar net aanhou om soortgelyke en ander misdade te pleeg terwyl hul op vrye voet bly.

Eerder as om te kla hoekom borgtog so maklik toegestaan word, moet die oorsake aangespreek word. Elektroniese databasisse moet die polisie en howe bewus maak van gewoonteoortreders. Die indruk is dat geen sulke hulpmiddels bestaan nie, of dat dit nie behoorlik funksioneer nie.

Tensy die howe en polisiehoof die aanname verkeerd kan bewys. Lig die publiek in.

Ons wil graag hê inwoners moet hul weerhou van ekstreme uitsprake en pleidooie om 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand, maar emosie kook maklik oor waar burgers voel te min word gedoen om hulle te beveilig.



So sê ander

31 Oktober 2018



Volksblad sê



As dit van die ANC se integriteitskomitee afhang, word partylede wat in die VBS Mutual Bank-skandaal geïmpliseer word uit hul leiersposte geskop en mag hulle nie langer aan party-aktiwiteite deelneem nie.

Maar wat van ander partyleiers wat by ernstige skandale en skandes betrek word? Soos die party se sekretaris-generaal en voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule.

Of die ANC gehoor gaan gee aan die integriteits-komitee se aanbeveling dat die VBS-plunderaars se koppe moet waai, moet nog gesien word.

As die ANC geleer het uit die skade van die Zuma-era sal hy deeglik besin oor die integriteitskomitee se aanbeveling oor die VBS-skandaal. Terselfdertyd sal hy besef die skade aan sy reputasie en ­geloofwaardigheid strek veel wyer as net VBS.

• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!