Haar droom blom steeds

Tanja Bause
Tanja Bause



Op die plaas Poolmanskloof in die berge tussen Otavi en Grootfontein, het ''n vrou haar droom om blomme in haar tuin te plant, in ''n klein besigheid omskep.

In 1995 het me. Jantie Oosthuizen ''n berig oor lisianthus gelees en daar en dan besluit sy wil dié pragtige blomme in die tuin op haar plaas plant.

“Die blomme op die foto''s was só mooi, ek moes dit net in my tuin plant. Ek het redelik gesukkel om van die saad in die hande te kry, maar toe ek dit uiteindelik het en die blomme in my tuin opkom, het my man vir my tonnels by ''n pos gebou waar ek dit kon kweek,” het Oosthuizen gesê.

Op 7 Oktober 1996 het sy die eerste saad geplant en in Maart die volgende jaar het die eerste blomme opgekom.

“Aanvanklik was dit maar moeilik om die blomme aan die bloemiste te verkoop omdat hulle nie die blomme geken het nie. Ek het toe ''n paar van my lisianthus na Windhoek gestuur sodat hulle die blomme self kon sien en daarmee werk. Hulle was my eerste kliënte en hulle is vandag nog –20 jaar later – steeds my kliënte.”

Nadat bobbejane die tonnels by die pos vernietig het, het haar man dit nader aan die plaashuis verskuif.

In 1998 het sy lisianthus na Bloemfontein begin uitvoer, maar moes sy dit ongelukkig weens strenger uitvoerreëls staak.

“Die blomme moes eers ''n tydjie in kwarantyn bly en ek kon nie verseker in watter toestand dit in Suid-Afrika sou aankom nie. Dit sou my naam wees wat daaronder ly, dus het ek dit gestaak. Ek het wel baie blomme gehad wat ek toe aan die beeste gevoer het. Hulle het dit verskriklik geniet en elke dag gekom en daarvoor gewag.”

Oosthuizen het toe die tonnels van drie tot een verminder en ernstig aan bloemiste in die land begin bemark.

Op die oomblik kweek sy agt variante lisianthus in die tonnel. Die blomme kom voor in verskillende skakerings van pienk, pers, geel en wit.

“Ek kry saad uit Suid-Afrika wat hulle uit Denemarke invoer. Dit is glad nie ''n inheemse of selfs Afrika-blom nie. Tog pas dit baie goed by die hitte en omstandighede hier aan.

“Ek geniet dit vreeslik om nuwe variante te plant. Ek het ses maande gelede ''n nuwe variant geplant en is nou baie opgewonde oor die eerste blomme,” het sy gesê.

Die plante neem sowat ses maande om te blom. Dit het ''n lang stingel waaraan baie knoppe is. Die blomme maak van onder na bo oop en wanneer dit gesny is, kan dit tot twee weke in ''n blompot vertoon word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!