Haar lewe is kort geknip
HENDRY JAGGER SKRYF:
Carlo Jacobs (na aanleiding van jou kommentaar op Republikein se webwerf), onthou die vrou, Sarah Jagger, wat verkrag en vermoor is en haar voet is ook afgesny, is my eie suster.
Jy glo dalk nie dat daardie “mannetjie” haar vermoor het nie? As jy ’n idee het wie die regte moordenaar is, kom uit met die regte inligting en leidrade.
Jy is bekommerd oor “sy hele jong lewe” wat weg is, maar wat dink jy van ons wat ’n suster verloor het? Sy is dood, haar lewe is kort geknip deur iemand aan wie sy niks gedoen het nie. Sy sal nie weer terugkom nie.
Hy lewe nog, hy is net in die tronk, en sal met sy lewe aangaan as hy vrygelaat word.
Vir haar was Bahnhoff haar “dorp” waarna sy gestap het as sy iets nodig gehad het.
Tweedens is ek stukkend, hartseer omdat my suster se lewe maar net 16 jaar werd was, volgens die straf wat hy opgelê is. Hy het haar verkrag, haar liggaam geskend, haar vermoor en boonop ook plaashuise tot op die grond afgebrand.
Watter kriteria was gevolg voor strafoplegging? Waarna was daar gekyk? Hoekom moes hy so ’n ligte straf kry?
Ek is net stom, sprakeloos. Sy, ’n onskuldige vroutjie, was soos oudergewoonte op pad plaas toe vanaf Bahnhoff en wat sy ookal vir hom moes “gesê” het toe hulle daar ontmoet het, gee nie vir hom toestemming of die reg om haar so wreed te vermoor nie. Sy straf gee vir ons geen berusting nie, maar eerder net pyn en hartseer.
Tien teen een sal hy na vyf of ses jaar vrygelaat word en dan kom hy terug na die gemeenskap waar hy so ’n gruweldaad gepleeg het.
Ons dien ’n regverdige God wat in Sy gebooie vir ons vermaan en sê: “Jy mag nie doodslaan nie”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie