Haat moet ons uitroei
Een bevooroordeelde faux pas in die sosiale media is in Namibië nou opgevolg deur 'n hou uit die teenoorgestelde hoek van die kryt.
'n Senior bestuurder is by 'n handelsbank geskors oor 'n opmerking oor betogende studente in Suid-Afrika en Dinsdag het die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), sy kandidaat vir Windhoek se John Pandeni-kiesafdeling weens flagrante haatspraak uitgeskop.
Hy het geweier om verskoning aan te teken en gaan glo sy heil weer by Swapo soek omdat hy hom nie deur “wittes” sal laat “boelie” nie.
Vir die PDM is dit beslis geen verlies nie en dit is te betwyfel of Swapo so iemand met ope arms terug sal verwelkom.
Geen mens is perfek nie, maar 'n mens moet wonder hoekom ons nie lesse leer uit die baie flaters wat al jare – wêreldwyd – die gevaar en skade van sulke optrede wys nie. Haat is byna so oud soos die mensdom self, maar vandag is baie slimmer maniere nodig om hierdie euwel te ontgroei.
Klein opposisiepartye het beperkte bronne, maar 'n mens wonder of hulle en die regerende party goeie navorsing doen. Die PDM-kandidaat se houding is waarskynlik diep gesetel en het nie nou skielik in so 'n lelike blaps ontplof nie.
Vrae oor die kwaliteit van mensekapitaal wat vir verkiesings staan en hulself in ander leiersposisies inwerk, is geensins nuut nie.
Die PDM behoort sy eks-lid formeel by die Verkiesingskommissie aan te kla vir 'n oortreding van die gedragskode. Dié kode kan nie net deur partye afgedwing word nie, maar bind die hele land.
Sonder sigbare straf sal ons nie hierdie slang se kop vermorsel kry nie.
So sê ander
4 November 2020
Perfekte voorbeeld van 'n kader-marionet
As daar ooit in die toekoms gesoek word na 'n gevallestudie oor staatskaping in Suid-Afrika, is vandeesweek se getuienis voor die Zondo-kommissie die perfekte voorbeeld.
Die pilare waarop staatskaping berus, is duidelik in die voorbeeld van Yakhe Kwinana, voormalige voorsitter van SAL Tegnies (Saat) en voormalige direksielid van die SAL. Dit naamlik kaderontplooiing en die impak van onbevoegde mense in kernposte; 'n kultuur van onaanspreeklikheid en selfverryking; en die verspilling van miljarde rande wat aangewend kon gewees het vir ekonomiese groei en armoedeverligting.
Kwinana is 'n geoktrooieerde rekenmeester, maar adjunkhoofregter Raymond Zondo het haar telkens oor die kole gehaal weens haar onprofessionele gedrag, waaronder 'n totale wanbegrip (of die voorgee daarvan) van die rol en werking van 'n direksie.
Wanneer verkeerde optrede aan haar uitgewys is, het sy ander mense daarvoor. Sy word betrek by die toewys van tenders wat miljarde rande beloop, maar sien geen botsende belang daarin om voor die toekenning daarvan deur tenderpreneurs onthaal te word nie.
Dis onrusbarend dat Zondo sê die omvang van verrotting op alle vlakke van regering is so diep dat die kommissie net by sekere sake gaan uitkom. 'n Mens kan bloot hoop dat hierdie korrupsie mettertyd onthul gaan word.• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie