Haelstorm vernietig vyf kragpale
Donderdagmiddag se hewige haelbui in die suide het vyf kragpale wat reeds vir 39 jaar lank staan, gebuig en uit hul fondasies geruk.
Elvira Hattingh – Donderdagmiddag se haelstorm in die Keetmanshoop- en omliggende omgewing, het vyf kragpale vernietig, het Nampower se woordvoerder, me. Rosa Nikanor, aan Republikein bevestig.
Terselfdertyd het dit ernstige skade aan minstens twee huise by onderskeidelik Keetmanshoop en in die Karasberge aangerig, terwyl boere vertel die hael het selfs voëls doodgeslaan.
Nikanor sê die storm het die 220 kilovolt dubbelstroomlyn beskadig wat die Kokerboom-substasie naby Keetmanshoop asook die Hardap-substasie by Mariental verbind.
“Daar is geen kliënte wat 'n verbinding tussen die twee stasies het nie, dus is niemand deur die gebeurtenis geraak nie,” het sy gesê.
Die vyf kragpale wat tydens die haelstorm omgewaai, gebuig en uit hul fondasie geruk is, weeg elk sowat 14 ton en is 33,4 meter hoog. Hulle staan ook reeds vir 39 jaar, het Nikanor bevestig.
Sy sê die torings is ontwerp om alle Namibiese weerstoestande te weerstaan en doen dit reeds vir baie jare lank, sonder enige groot gebeurtenisse.
“NamPower sal tydelik 'n alternatiewe plan maak om seker te maak dat elektrisiteitstoevoer soos normaal kan geskied. In dié geval kan dit egter sowat tien dae neem,” het sy bygevoeg. Sy sê dit kan ook tot twee maande neem om nuwe torings op te rig, afhangende van die beskikbaarheid van die nodige materiaal.
Sy sê een so 'n kragpaal kos sowat N$600 000, sonder die koste van sy fondasie.
HUISE BESKADIG
Dieselfde storm het ook ernstige skade veroorsaak aan die huis van Hendrik Steenkamp, wat op die plaas Spitzkop-Oos, 40 km noordoos van Keetmanshoop boer.
Die huis se dak is afgeruk, terwyl die plafon ook plek-plek uitgeruk is. Steenkamp meen die skade behoort nie meer as N$500 000 te wees nie.
“Die storm was so erg, dit het van die wilde Suidwesparakiete doodgeslaan. Ander se vere is afgeslaan en hulle het hier rondgeloop. Die bosse se blare is afgebreek en die gras is ook plat geslaan– dit lyk soos wanneer dit opgevreet is,” het hy gesê.
Hy sê 'n dag later blyk dit wel dat die gras reeds 'n “groenerige skynsel” begin kry.
'n Kameeldoringboom op Spitzkop-Oos, wat Steenkamp meen sowat 100 jaar oud moes wees, is ook heeltemal ontwortel.
“Die haelkorrels was nie baie groot nie; die grootstes was soos duifeiers,” het hy gesê. Steenkamp sê dit het ook sy reënmeter se deksel afgeslaan, maar dat daar ná die bui sowat 12 mm water in die reënmeter was. Elders op sy grond is 34 mm gemeet.
Steenkamp sê die storm het hulle omstreeks 13:00 met donker wolke uit die weste genader, wat dit soos laatmiddag se skemer laat lyk het. Hy sê aanvanklik was daar 'n stofstorm, wat toe in 'n hael- en reënbui met 'n baie sterk wind ontaard het.
Steenkamp sê hy is dankbaar hy het versekering.
Sowat 15 km buite Keetmanshoop is soliede blokke ys in rivierlope afgeneem. Steenkamp sê dit gebeur wanneer dit reën en hael en die riviere begin loop – dan dryf die hael bo-op die water en kom in groot hoeveelhede bymekaar.
Op die Facebookblad Reën in Namibia het Rina Booysen ook foto's gedeel van haar huis in die Karasberge waarvan die vensters deur “haelkorrels so groot soos gholfballe” uitgeslaan is.
Dit blyk egter die onweer sal tydens die eerste helfte van die week opklaar en vir bloedige warm weer plek maak. Die Namibiese weerkantoor voorspel dit sal gedeeltelik bewolk en koel tot warm in die ||Kharasstreek wees, met enkele buie in die verre suidweste. Die Zambezistreek sal ook gedeeltelik bewolk en bloedig warm met enkele donderbuie wees.
Elders sal dit sonnig en baie warm tot bloedig warm wees. 'n Vars tot sterk westewind sal ten alle tye in die binneland waai.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie