Hage betoon medelye aan ongelukslagoffers
President Hage Geingob het sy meegevoel uitgespreek teenoor die families en vriende van die dertien mense wat Sondag in ‘n ongeluk op die Tsumeb-Otavi-pad oorlede is. Die mense is opslag dood toe twee minibusse kort voor Otavi kop-teen-kop gebots het en in vlamme uitgebars het.
In ‘n persverklaring wat Maandag uitgereik is, het die president ‘n beroep gedoen dat ‘n behoorlike ondersoek na die ongeluk gelas moet word.
“Ons paaie het ongeregverdigde moordvelde geraak en ek versoek wetstoepassende agentskappe om patrollies op ons paaie te doen en spoedbeperkings af te dwing,” is in die verklaring geskryf.
Die president het ‘n beroep op bestuurders gedoen om veilig te ry, wette te respekteer en by spoedbeperkings te bly om padsterftes te voorkom.
“Onskuldige passasiers moenie hul lewens verloor as gevolg van nalatige bestuurders nie,” het Geingob gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie