Hage gaan streek vandag vir Idai-hulp vra
Die Namibiese staatshoof het in Portugal Afrika se insluiting in globalisering bepleit.
Ronelle Rademeyer
Pres. Hage Geingob gaan as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) vandag 'n streekwekroep vir humanitêre bystand in reaksie op die verwoestende tropiese sikloon Idai van stapel stuur.
Hy het dít Dinsdag bekend gemaak toe hy in Lissabon bilaterale samesprekings met sy Portugese ampsgenoot, mnr. Marcelo Rebelo de Sousa, gevoer het.
Geingob het 'n besoek aan Portugal gebring waar hy van Saterdag tot Dinsdag die Horasis- globale vergadering in Cascais bygewoon het met die doel om vertroue te bou en Namibië as beleggingsbestemming onder internasionale sakelui en beleggers te bemark.
Dié vergadering, onder voorsitterskap van dr. Frank-Jurgen Richter, het gehandel oor die voordele van globalisering en hoe om dit te benut.
Geingob het tydens 'n gesprek oor hoe om die wanbalanse in die wêreld te bestuur, gesê demokrasie alleen is nie genoeg nie.
“Daarom beveg ons armoede in Namibië om seker te maak ons het 'n inklusiewe Namibiese Huis.”
Hy het daarop gewys dat vrede binne die konteks van armoede nie volhoubaar is nie.
Geingob se pleidooi was ook dat Afrika met sy 1,2 milard mense nie uitgesluit word nie.
“Die Afrika van vandag is anders. Ons het vrede en ons beweeg in dieselfde rigting.”
Na afloop van daardie vergadering het hy Dinsdag met De Sousa vergader en hom ingelig watter stappe Namibië doen om die ekonomie te ontwikkel en armoede en werkloosheid, veral onder die jeug, te beveg.
'BETEKENISVOLLE BYDRAE'
Hy het aan sy ampsgenoot gesê hoewel die Portugese gemeenskap in Namibië klein is, lewer hulle 'n betekenisvolle bydrae tot die ekonomie.
Die Namibiese staatshoof het ook terugvoering gegee oor sy rol as voorsitter van SADC en die moeilike paar maande uitgelig wat die streek agter die rug het.
Een daarvan was die verkiesing in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK). Hy het gesê die blote feit dat die verkiesing relatief kalm en sonder reuse-voorvalle verloop het, is 'n prestasie.
Hulle het ook oor klimaatsverandering gesels en hy het De Sousa ingelig oor Namibië se bystand aan Mosambiek na afloop van Idai.
Geingob het toe gesê hy sal vandag 'n streekwekroep vir bystand bekend stel.
Die twee staatshoofde het ook oor aangeleenthede van die Afrika-unie (AU) gepraat en Geingob het gesê dié unie se hervormings is suksesvol.
Hy het daarop gewys 'n “derde golf” Afrikaleiers maak opgang en fokus op prosesse, stelsels en instellings eerder as persoonlikhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie