Hage laat talle koppe rol
Hage laat talle koppe rol

Hage laat talle koppe rol

Verskeie ministers het glo al bedank terwyl Geingob op die punt was om hulle in die pad te steek.
Denver Kisting
Denver Kisting - Woensdag se ministeriële bedan­kings het die aantal koppe wat onder pres. Hage Geingob se heerskappy gerol het op sewe te staan gebring.

Dit kom gemiddeld op meer as een kop per jaar neer.

Mnre. Bernhard Esau, die ­eertydse minister van visserye en mariene hulpbronne, en Sacky Shanghala, die voormalige minister van justisie, het gister bedank.

Dít nadat 'n internasionale skandaal om hul koppe losgebars het.

In Julie vanjaar het me. Katrina Hanse-Himarwa, die ­oudminister van onderwys, kuns en kultuur, bedank nadat sy aan korrupsie skuldig bevind is.

Al drie dié ministers het glo bedank terwyl Geingob op die punt was om hulle in die pad te steek.

Amb. Martin Andjaba, die minister belas met presidensiële aangeleent­hede, neem sedertdien waar as ­onderwysminister.

Verlede jaar is dr. Bernard Haufiku onseremonieel verwyder as ­minister van gesondheid en maatskaplike dienste en met dr. Kalumbi ­Shangula vervang.

Vroeër daardie jaar is me. Pendukeni Iivula-Ithana deur mnr. Frans Kapofi as minister van binnelandse sake en immigrasie vervang.

Mnr. Jerry Ekandjo is deur mnr. Erastus Utoni as minister van sport, jeug en nasionale diens vervang.

Iivula-Ithana en Ekandjo is hul ministeriële poste kwyt ná Swapo se rampspoedige beraad einde 2017.

Mnr. Bernadus Swartbooi, wat op 27 November teen Geingob meeding om die land te lei, is ook deur Geingob van sy pligte onthef.

Hy is in 2017 afgedank nadat hy geweier het om mnr. Utoni Nujoma, die minister van grondhervorming, om verskoning te vra oor uitlatings oor die regering se grondbeleid.

Swartbooi, wat Nujoma se adjunk was, lei tans die Landless People's Movement (LPM), 'n opposisieparty wat eersdaags vir die eerste keer aan die nasionale verkiesings deelneem.

Onder stigterspres. Sam Nujoma se heerskappy is Geingob destyds in 2002 self as eerste minister in rang verlaag na 'n gewone minister.

Geingob het nie daarvoor kans gesien nie en het bedank.

In 2004 het Nujoma ook vir wyle mnr. Hidipo Hamutenya afgedank as minister van buitelandse sake.

Toe oudpres. Hifikepunye Pohamba in 2012 nog aan bewind was, het hy vir mnr. Nahas Angula geskuif van premier tot gewone minister om plek te maak vir Geingob, wat toe na verwagting die volgende staatshoof sou word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!