Hage sal House of Lords toespreek

Estelle de Bruyn
Pres. Hage Geingob is die enigste Afrikaleier wat genooi is om die Britse House of Lords toe te spreek as deel van die Burj CEO sake-spitsberaad wat vandag begin.

Volgens ‘n verklaring van Staatshuis sal die president se toespraak op Brexit, Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie (EU), fokus.

Die House of Lords is die opperhuis van die Britse parlement.

Die Britse premier, me. Theresa May, sjeik Bodour bin Sultan Al-Qasimi van die koningshuis van die Emirate van Sharjah, en mnr. Khalid Mahmood, die Britse skaduminister belas met Europa, sal ook die hoëvlakbyeenkoms toespreek.

Tydens sy besoek aan Brittanje sal Geingob ook ‘n bilaterale vergadering met die eerste minister van die Verenigde Arabiese Emirate en die heerser van Dubai, sjeik Juma Bin Maktoum Juma Al Maktoum, hê.

Die president sal na verwagting ook die Britse premier tydens sy tweedaagse besoek in Londen ontmoet.

Geingob en sy afvaardiging het gister na Brittanje vertrek en keer weer op 11 Oktober na Namibië terug.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!