Hage tik goewerneurs op die vingers
Die president is nie beïndruk met die vertragings in die lewering van streeksredes nie.
Augetto Graig - President Hage Geingob het gister vir die eerste keer streeksgoewerneurs by Staatshuis laat byeenkom om hulle daaraan te herinner dat hulle hom in die onderskeie streke verteenwoordig.
In plaas daarvan om te rus, soos sy dokter aanbeveel het, het die president besluit om dié byeenkoms weens die belangrikheid van sy boodskap nie af te stel nie.
“Namibië is 'n eenheidstaat met net een kern van mag,” het hy aan streeksgoewerneus gesê.
Volgens Geingob moet hy as president weet wat in die streke aangaan omdat hy verantwoordelik vir elke deel van Namibië is.
“Dit is hoekom julle goewerneurs is,” het hy gesê en gekla die goewerneurs tree op asof hulle hul streke teen die sentrale regering verteenwoordig.
Dít het hy veral tydens sy besoeke aan dorpsale en plaaslike gemeenskappe agtergekom, het hy gesê.
Volgens Geingob is dit ’n goewerneur se plig om as politieke hoof van ’n streek te dien, om met ministers en hoofregeringsbeamptes te praat en om toesig oor regeringsaktiwiteite in hul streke te hou.
“Wees die skakel tussen die sentrale regering en die streeksraad, die plaaslike owerheid en tradisionele leiers,” het hy gesê.
Geingob het ook noue samewerking tussen die goewerneurs en die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, versoek, wat ook die reg het om opdragte aan hulle te gee.
Goewerneurs moet ontwikkelings in streke volg en die president oor sake van belang inlig - iets wat volgens die president nie gereeld genoeg gebeur nie.
Ook moet geskille bemiddel word en nie veroorsaak word nie, terwyl daar terselfdertyd met streeksraadvoorsitters saamgewerk moet word, het hy gesê.
“Moenie met hulle baklei of meeding nie,” het Geingob gesê.
Hy het beswaar gemaak teen die vertragings in die lewering van die verskeie streeksredes wat sy staatsrede moes volg.
“My toespraak is reeds in April gelewer. Dit is nou Junie en dit is klaar te laat. Dit is 'n teken dat julle nie jul opdrag nakom nie. Neem julle dit ernstig op of nie?” het hy gevra.
Tot dusver is 10 van die streeksredes reeds gelewer, waarvan die meerderheid slegs enkele dae gelede gedoen is.
Geingob het die goewerneur van die Ohangwenastreek, mnr. Usko Nghaamwa, op die vingers getik oor sy uitstaande streeksrede. Hy was ook nie beïndruk met Nghaamwa se verskoning dat hy nog inligting vir die toespraak insamel nie.
Al 14 van die land se streeksleiers was teenwoordig. Dit sluit in mnr. Cleophas Mutjavikua van Erongo, me. Esme Sophia Isaack van Hardap, me. Lucia Basson van //Kharas, mnr. Samuel Mbambo van Kavango-Oos, me. Sirkka Ausiku van Kavango-Wes, Khomas se me. Laura McLeod–Katjirua, me. Angelika Muharukua van Kunene, mnr. Festus Ueitele van Omaheke, mnr. Erkki Endjala van Omusati, mnr. Clemens Kashuupulwa van die Oshanastreek, mnr. Henock Kankoshi van Oshikoto, mnr. Otto Iipinge van Otjozondjupa en mnr. Lawrence Sampofu van die Zambezistreek.
Ook teenwoordig by die geleentheid was Shaningwa, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die eerste minister, mnr. Tom Alweendo, ekonomiese beplanningsminister, mnr. Utoni Nujoma, minister van grondhervorming en verskeie presidensiële adviseurs, asook mnr. Alex Shimuafeni, statistikus-generaal, wat ontwikkelingspraatjies vir die streeksleiers aangebied het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie