Hage-verskoning met gemengde gevoelens ontvang
Meer as ’n maand nadat Operasie Kalahariwoestyn ’n lewe geëis het, het die Namibiese staatshoof die slagoffer se landgenote om verskoning gevra.
Denver Kisting – “Nou eers. Die twee lande het die seun in die steek gelaat.”
So sê ’n Zimbabwiese man wat in Namibië woon oor pres. Hage Geingob se verskoning aan die buurland oor mnr. Fambauone Black (22) se onlangse skietdood.
’n Ander Zimbabwiër het Vrydag by navraag gesê: “Dit is baie hartseer. Maar ten minste het jul president om verskoning gevra.”
’n Ander man gee hom gelyk: “Eish. Tragies.”
Nog ’n landgenoot sê: “Hartseer. . . Maar Namibië is in die algemeen baie vreedsaam. Baie Zimbabwiërs geniet jul land.”
Geingob het verlede week tydens sy Zimbabwiese eweknie, pres. Emmerson Mnangagwa, se drie dae lange staatsbesoek om verskoning gevra.
Volgens die NBC het Geingob aan die ganse Zimbabwiese nasie jammer gesê vir die skietdood van die taxibestuurder – glo aan die hand van ’n lid van ’n teenmisdaadoperasie.
Dr. Alfredo Hengari, pres. Geingob se woordvoerder, het bevestig die staathoof het wel om verskoning gevra.
Black se oorskot moes onlangs agterop ’n sleepwa met openbare vervoer teruggeneem word Zimbabwe toe.
Dit het gekom dae nadat ’n vriend van die Kalahariwoestyn-slagoffer gesê het daar is geen geld om sy oorskot terug te neem na sy vaderland toe nie.
Dié man het aan Republikein erken hy – nes Black ten tye van sy dood – is onwettig in Namibië.
Volgens hom wou Black se ouers wat tussen die buurland se hoofstad, Harare, en Chitungwiza woon, gehad het sy lyk moes huis toe geneem word.
Hulle het Black liefderik Charlie genoem, het die vriend vertel. “Soos in Charlie Chaplin.”
Black was ongetroud en het nie kinders gehad nie, het sy bewoë vriend gesê.
Die jong taxibestuurder het in Monicastraat in Katutura gesterf – glo aan die hand van korporaal Gerson Nakale, ’n soldaat wat deel was van die teenmisdaadveldtog Operasie Kalahariwoestyn.
Die operasie is kort daarna afgelas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie