Hagia Sofia - simbool van verdraagsaamheid
Hagia Sofia - simbool van verdraagsaamheid

Hagia Sofia - simbool van verdraagsaamheid

Van belang vir Christene én Moslems
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer in Istanboel - Min ervarings kan 'n mens tegelykertyd­ so bevoorreg en so nietig laat voel as om met sonsopkoms in stuiwende motreën voor die Hagia Sofia in Istanboel­ te staan wanneer die eerste ezan (gebeds­roep) oor die stad weerklink.

Dit was my Sondag beskore toe ek tussen twee vlugte ''n taxi van die Internasionale Lughawe Atatürek geneem het om iets van hierdie argitektoniese­ en simboliese grootsheid te ervaar.

Dié Turkse stad se geskiedenis, ligging en karakter is immers ''n onlosmaaklike­ versmelting van die Westerse geskiedenis, kultuur en godsdiens met dié van Klein-Asië en die Islam.

Die beroemde Hagia Sofia is vandag, dalk meer as ooit tevore, die simbool van hierdie versmelting.

Istanboel staan letterlik met sy een voet in Europa en die ander voet in Asië. Die twee vastelande word deur die straat van Bosferus tussen die Swartsee en die see van Marmara, met mekaar verbind.

Die stad is volgens oorlewering in 660 v.C. deur Griekse koloniste as Bisantium­ gevestig.

Die Hagia Sofia (Kerk van die Heilige Wysheid) is in 537 v. C. tydens die heerskappy van keiser Justinianus­ as Grieks-Ortodokse katedraal in gebruik geneem en was vir sowat 1 000 jaar lank die grootste kerk in die wêreld.

In 330 n.C. het keiser Konstantyn Bisantium die oostelike hoofstad van die Romeinse Ryk gemaak en is dit na Konstantinopel herdoop.

Konstantyn het die stad destyds as ''n setel van die Christendom gevestig.

In die 15de eeu het Ottomaanse Turke Konstantinopel verower. Die Ottomane was Islamitiese Turke wat genoem is na hul stigter, Osman I. Hy was die seun van ''n Turkse hoofman en met ''n reputasie as vaardige krygsman­ en leier wat hy opgebou het tydens plundertogte op vestings van die Bisantynse ryk in noordwes-­Turkye (destyds Anatolië genoem). Duisende Turke en Arabiere het hulle by hom aangesluit en mettertyd­ het hy en sy opvolgers ''n magtige ryk opgebou en die Bisantyne­ stelselmatig­ teruggedryf

Op 29 Mei 1453 het die Ottomane­ onder sultan Mehmet II die Bisantynse­ ryk die finale nekslag toegedien­ met die verowering van Konstantinopel. Die stad is tot die nuwe hoofstad van die Ottomaanse­ ryk verklaar en die naam is na Istanboel­ verander. Hy het dadelik alle Christelike kerke, soos die Hagia Sofia, in Islamitiese moskees verander.­

Die relikwieë (godsdienstige artefakte)­ en mosaïeke wat Christus, moeder Maria en engele uitbeeld, is verwyder of toegepleister en Islamitiese­ simbole, soos die vier minarette, is aangebring.

Vandag is die Hagia Sofia ''n museum wat hulde bring aan twee van die wêreld se groot godsdienste – die Christendom en Islam – asook die erfenis van die Bisantynse én die Ottomaanse­ Ryk.

Dit is danksy Mustafa Kemal Atatürk, stigter van die Republiek van Turkye en vader van die Turke, wat in 1934 opdrag gegee het dat dié moskee en voormalige katedraal ''n museum word. Kundiges van oor die hele wêreld is aangestel om dit te restoureer­ en onder die toegepleisterde­ mosaïeke te herstel. Die matte wat oor die pragtige marmervloere gelê is, is ook uitgehaal.

In Julie vanjaar het die ezan (so genoem op Turks, maar adhan in Arabies) vir die eerste keer ná agt dekades vanuit ''n gebedskamer in hierdie historiese landmerk weerklink.

Dit was nadat die Turkse regering toestemming gegee het dat die ezan gedurende die maand van aanbidding (Ramadaan) deur ''n muezzin vanuit die kerk self gedreunsing mag word.

Hoewel die ezan (gebedsroep wat vyf keer per dag gedoen word) reeds die afgelope vier jaar oor luidsprekers vanuit die vier minarette gespeel word, is dit 81 jaar gelede laas vanuit die kerk self gedreunsing.

Newsweek het vroeër berig Hagia Sofia het nou opnuut ''n simbool geword – dié keer van die Islamiete­ en die sekulariste se stryd om die siel van Turkye.

Godsdiens-aktiviste plaas toenemend druk op die regering om die Hagia Sofia weer tot aanbiddingsplek vir Moslems te verklaar.

Hoewel pres. Recep Tayyip Erdogan hom nog nie amptelik hieroor uitgespreek het nie, maak hy geen geheim van sy Islamitiese sentimente en vurige nasionalisme nie.

Daarom heers daar kommer dat Turkye besig is om sy rug te keer op die godsdiensverdraagsaamheid wat deur Atatürk in dié republiek gevestig is. - Bykomende bronne: Newsweek, Reuters en Wikipedia

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!