Hai||om en Himba na SA vir opleiding
Maria Eiseb
’n Tweede groep studente, bestaande uit lede van die Hai||om- en Himba-gemeenskap in die Oshikoto- en Kunenestreek, het Vrydag na Suid-Afrika vir opleiding in die gasvryheidsbedryf vertrek.
Dié groep is na Graaff-Reinet gestuur vir ’n jaar se opleiding, wat deur Namibia Wildlife Resorts (NWR), Rupert Foundation en die Peace Park Foundation (PPF) aangebied word.
Me. Zelna Hengari, NWR se besturende direkteur, het by die geleentheid gesê jongmense wat voorheen benadeel is, moet aangespoor word om ook betekenisvolle bydraes tot die samelewing te lewer.
“Jy het nie ’n graad nodig om ’n plek skoon te maak nie. As jy ondersteun word en opgelei word, kan jy ’n verskil maak,” het Hengari gesê.
“As jy ’n vrou in die gemeenskap opvoed, red jy die lewens van sowat sewe huishoudings,” het sy gesê.
“Ons betrek meestal vrouens, maar ons sluit mans nie uit nie. Mans moet ook in die tuig wees, hulle is ewe belangrik,” het sy gesê.
Dié opleiding het verlede jaar reeds afgeskop met ’n groep van vyf jongmense.
Me. Victoria Thirion was die uitblinker in dié groep en het ’n internskap by die Drostdy Hotel in Graaff-Reinet losgeslaan.
As als goed gaan, sal Thirion vir verdere opleiding na Italië gestuur word, het Hengari gesê.
Thirion sê sy was onder die indruk “sy weet hoe om dinge te doen”.
“Maar ek was verbaas oor hoe dinge ordentlik gedoen word - ek het niks geweet nie,” het sy gesê.
“Ek het geweet hoe om van hierdie hoek na daardie hoek te vee, maar ek het alles van voor af gaan geleer.”
Een van die studente, me. Tisla Hanes, het gesê sy is opgewonde oor die opleiding.
“Die opleiding wat ek sal kry, is vir my familie en ook om ander jongmense in die gemeenskap te motiveer,” het sy gesê.
Volgens Hengari is die studente deur die tradisionele owerhede aangewys en uit húlle is enkeles vir die opleiding gekies.
Mnr. Metarere Mberiuona, van Sesfontein in die Kunenestreek, het gesê hy is opgewonde daaroor om na ’n ander land te gaan.
“Ek is baie bly dat ek na Suid-Afrika gaan vir die opleiding en ek sal my bes doen vir my gesin en om ander te motiveer - veral dié wat dink hulle kan niks in die lewe bereik nie,” het hy gesê.
Me. Mefaro Nesongano, woordvoerder en bemarkingsbeampte van NWR, het bevestig dit is die tweede groep wat die opleiding ontvang.
Hengari het die jeugdiges aangespoor om as verteenwoordigers van Namibië op te tree.
“Maak gebruik van die geleentheid wat julle gekry het. Dit is vir jul toekoms.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie