Haifidi terug by NAC
Haifidi terug by NAC

Haifidi terug by NAC

Die lughawensmaatskappy berei tans op 'n deurslaggewende veiligheidsoudit voor.
Augetto Graig
Augetto Graig



Mnr. Lot Haifidi het opnuut die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se leisels oorgeneem.

Dít reeds van 3 Augustus af.

Die NAC-raad het verlede week Vrydag aangekondig Haifidi neem as waarnemende hoof by mnr. Albertus Aochamub oor.

Aochamub is volgens mnr. Rodgers Kauta, raadsvoorsitter, sedert 5 Februarie in dié posisie aangestel.

Kauta sê dié eenparige raads­besluit is gemaak omdat Aochamub ander nasionale verantwoordelikhede het.

Die besluit om Haifidi weer aan te stel is genoodsaak deur die komende veiligheidsoudit, wat die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) in November vanjaar op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) sal doen, sê hy.

Die vlagskiplughawe is ook Namibië se hoof- internasionale vlugbestemming en is afhanklik van 'n goeie Icao-verslag om vlugte met buitelandse toeriste voortdurend te kan verwelkom.

In 2014 het Icao die lughawe van kategorie nege tot kategorie vyf afgegradeer. As gevolg hiervan is vlugte na en van Duitsland tydelik gestaak.

Ná die lughawe se brandweertoerusting en personeel weer aan veiligheidsregulasies voldoen het, kon die NAC daarin slaag om die lughawe weer teen Augustus 2014 te laat goedkeur.

Tans staar die HKIA probleme soos opeenhoping in die gesig, maar voorbereiding vir die oudit het reeds in Februarie begin toe veiligheidsbestuurders by die lughawe opleiding ontvang het, wat deur Haifidi gereël is.

Kauta sê die raad verwag Haifidi sal leiding gee in intensiewe voorbereiding vir die oudit.

Die raad het vertroue in Haifidi se vermoëns om alle lughawens in Namibië doeltreffend en veilig te bestuur, beheer en te laat werk.

Haifidi het in Januarie uit sy waarnemende posisie bedank, wat die sekondering van Aochamub van die president se kantoor af genoodsaak het.

Haifidi het van 1 September 2017 af die waarnemende posisie beklee, ná hy van die posisie as die NAC se strategiese uitvoerende beampte vir korporatiewe bestuur verplaas is.

Hierna het hy me. Josephine Soroses, strategiese uitvoerende beampte vir menslike hulpbronne, vervang.

Soroses het van 21 Junie 2017 af as uitvoerende hoof opgetree, ná die afdanking van die voormalige NAC-uitvoerende hoof, mnr. Tamer El-Kallawi.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!