Hailulu verloor appu00e8l
Hailulu verloor appu00e8l

Hailulu verloor appèl

Hof maan ACC teen misbruik van mag
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - ’n Appèl deur mnr. Vinson Hailulu teen die direkteur van die Teenkorrupsie-kommisie en vier ander partye, is verlede week in die hooggeregshof van die hand gewys.

Hailulu is die gewese hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE).

Regter Kate O’Regan het in haar uitspraak gesê hoewel Hailulu nie geslaag het in sy appèl nie, dit kommerwekkend is dat die hoërhof bevind het die Teenkorrupsie-kommmissie (ACC) het die belange van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) en sy lede bevorder deur Hailulu in hegtenis te laat neem. “Hierdie optrede is betreurenswaardig en die appellant (Hailulu) het rede om daardeur gegrief te wees,” het sy haar uitgespreek.

Die ACC is ’n instelling van nasionale belang met ’n doel wat sentraal tot die welstand van Namibië se demokrasie is, het O’Regan in haar uitspraak gesê. “Die ACC se optrede behoort bo verdenking te wees. Die bereiking van die kommissie se doel sal in gevaar gestel word as sy naam geskaad word deur onregmatige optrede soos dit in hierdie geval was,” het sy verder gesê. Ter afsluiting het sy genoem dat die ACC se naam slegs herstel kan word indien dit deur middel van sy optrede en die optrede van sy amptenare onomstootlik kan demonstreer dat dit te alle tye sal handel op ’n wyse wat onafhanklik, onpartydig en regmatig is.

Hoewel die ACC deur die regter berispe is oor sy ondersoek van korrupsie-aantygings teen Hailulu, was die ACC wel suksesvol in die afweer van Hailulu se appèl teen regter president Petrus Damaseb se beslissing om nie die ACC se besluit om ondersoek na beweerde korrupsie deur Hailulu in te stel nie, van die hand te wys nie.

Die agtergrond van die saak wat Hailulu in die hoërhof teen die direkteur van die ACC, die ACC, die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), die landdros van die Windhoekse landdroshof en die aanklaer-generaal aanhangig gemaak het, is sy inhegtenisneming deur ’n amptenaar van die ACC op 27 November 2008. Hailulu het aangevoer dat die ACC aangehits is deur ’n groep ontevrede voormalige NHE-werknemers wat ’n grief teen hom het omdat hulle na sy aanstelling as hoof uitvoerende beampte van die NHE, hul werk gedurende ’n herstruktureringsproses verloor het.

Altesaam dertien klagte teen Hailulu is deur die NHE ondersoek. Die klag het drie van bewerings dat Hailulu personeellede van die NHE bevorder of aangestel het sonder om korrekte prosedures te volg; vier aantygings dat hy ’n NHE-kredietkaart vir persoonlike uitgawes gebruik het of ongemagtigde kontantontrekkings gemaak het; ’n bewering dat hy ’n onbehoorlike sakeverhouding met die voorsitter van die NHE se raad gehad het sowel as twee aantygings met betrekking tot reistoelaes wat hy aan die voorsitter van die raad be­skikbaar gestel het en ’n bewering dat hy ’n NHE-werknemer gebruik het om werk by sy eie huis te verrig, ingesluit.

Die hoërhof het bevind dat die klag van bevordering en aanstelling van personeel nie ’n saak van korrupsie uitmaak nie. Die hof het wel bevind dat die ACC gronde gehad het om ’n ondersoek na die res van die aantygings teen Hailulu in te stel. Regter O’Regan het saamgestem met hierdie beslissing van regter-president Damaseb.

O’Regan het gelas dat Hailulu se appèl vam die hand gewys word en dat hy die regskostes van die ACC en die aanklaer-generaal moet betaal.

Appèlregter Sylvester Mainga en waarnemende appèlregter Yvonne Mokgoro het met regter O’Regan se beslisssing akkoord gegaan.

Hailulu is deur mnr. Sisa Namandje verteenwoordig. Adv. Vincent Maleka, SC, en adv. Gerson Narib het vir die ACC en die aanklaer-generaal opgetree.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!