'Hairareb' benoem vir 7 'Afrika-Oscars'
Kort op die hakke van Hairareb se sukses by die Festival International du Film PanAfricain de Cannes in Frankryk, is dié veelbekroonde plaaslike rolprent vir sewe toekennings by die invloedryke Africa Movie Academy Awards benoem.
Die Afrika-rolprentakademie het die benoemings Vrydag tydens 'n geleentheid op Victoria-eiland in Lagos, Nigerië, bekend gemaak.
Die Africa Movie Academy Awards, ofte wel die AMAA of AMA-toekennings, word jaarliks aangebied om erkenning te gee aan uitnemendheid onder Afrika-praktisyns, asook aan diegene wat nie noodwendig burgers van die vasteland is nie, maar 'n beduidende bydrae tot die Afrika-rolprentbedryf gelewer het. Dit is deur Peace Anyiam-Osigwe gestig en word deur die Afrika-rolprentakademie bestuur.
Die toekennings is daarop gemik om uitnemendheid in die Afrika-rolprentbedryf te vereer en te bevorder, asook om die vasteland deur kuns en kultuur te verenig. Die toekenningsgeleentheid word deur verskeie mediaverteenwoordigers, bekendes, politici, joernaliste, aktrises en akteurs van oraloor die wêreld bygewoon. Die AMA-toekennings word algemeen as die grootste rolprentgeleentheid en die mees gesogte rolprenttoekenning in Afrika beskou.
Behalwe vir Hairareb, die enigste Namibiese rolprent wat benoem is, is van die ander genomineerde flieks van Nigerië, Somalië, Kenia, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Tunisië, Egipte, Algerië, Amerika, die Verenigde Koninkryk (VK) en Kanada.
Die 2021 AMAA Gala- en toekenningsaand word vir 28 November in Lagos beplan.
SEWE KEER KANDIDAAT
Hairareb is in die volgende kategorieë benoem:
1. Beste rolprent
2. Prestasie in klank
3. Prestasie in draaiboek
4. Beste regisseur vir Oshoveli Shipoh
5. Beste akteur in 'n hoofrol vir wyle David Ndjavera
6. Beste aktrise in 'n hoofrol vir Claudine de Groot
7. Beste aktrise in 'n ondersteunende rol vir Hazel Hinda

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie