‘Hairareb’ kry erkenning in Cannes
Die veelbekroonde Namibiese rolprent Hairareb waarin die ontslape veteraanakteur David Ndjavera 'n hoofrol vertolk, het onlangs twee Dikalo-toekennings by die Festival International du Film PanAfricain de Cannes ingepalm.
Ndapunikwa Investments, die produksiemaatskappy agter dié rolprent, het opgewonde aangekondig dat Hazel Hinda die toekenning vir beste aktrise ontvang het vir haar rol as Moira in die fliek. Hairareb het ook in die toekenningskategorie “spesiale erkenning vir speelfiksie van die seleksiepaneel” koning gekraai.
Die rolprent het ook die spesiale eer gehad om op 19 Oktober by die openingseremonie van die rolprentfees by die Espace Miramar-uitvoeringsaal in Cannes, Frankryk, vertoon te word.
As deel van vanjaar se amptelike seleksie vir dié rolprentfees, het die film in aanmerking gekom vir ’n Dikalo-toekenning in vyf kategorieë, naamlik beste fiksierolprent, beste akteur, beste aktrise, spesiale erkenning vir speelfiksie van die seleksiepaneel en die Nord Sud Development Association se Dikalo Peace Award.
“Dit is ongelooflik om twee uit vyf moontlike toekennings te wen. Ons kon nie hoop vir beter erkenning vir ‘n Namibiese speelfilm op só ‘n gesogte internasionale platform in Cannes nie. Ons is uiters trots op Hazel, wat 'n monumentale vertoning in die rolprent gelewer het. Ons is so bly dat internasionale gehore uiteindelik die groot talent wat Namibië het om te bied deur die sukses van Hairareb sal waardeer,” het die uitvoerende vervaardiger van die rolprent, Dantagos Jimmy-Melani, gesê.
- [email protected]
FOTO’s
Hazel Hinda het die Dikalo-toekenning vir beste aktrise ontvang. Foto Verskaf
Hazel Hinda en wyle David Ndjavera in 'n toneel uit 'Hairareb'. Foto Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie