Haitope en Rainhold wen Hardap-titels in 21 km
Padwedlope
Lavinia Haitope en Tomas Rainhold was die vroue- en manswenner van die jaarlikse Hardapkampioenskap halfmarathon op Rehoboth wat deur Rene Kids Centre aangebied is.
Haitope het Saterdag die driemalige wenner Beata Naigambo met sowat ses sekondes na die eindstreep geklop. Haitope se wentyd was een uur 19 minute 0.2 sekondes, terwyl Naigambo in 1:19:06 tweede was, gevolg deur die derde geplaaste Sofia Nambabi in 1:29:38.
Die manskampioen Tomas Rainhold het uiteindelik met ’n gerieflike 21 sekondes voor sy naaste uitdager Reonard Namupala klaargemaak. Tomas se wentyd was 1:08:23, gevolg deur Namupala in 1:08:42.
Die bronswenner Uveni-Nawa Kuugongelwa (1:08:49) moes self sy bene dra om meer as ’n minuut voor ander gerekende mededingers soos Paulus Iiyambo, Paulus Vilho, Tangeni Sakaria en die junior hardloper Daniel Paulus klaar te maak.
In die mans ope wedloop oor 10 kilometer het Mynhardt Kauanivi (33 minute 59 sekondes) sy landgenoot Jeremia Shaliaxwe met sowat 26 sekondes geklop. Derde was Kondjashi Kefas in 34:41.
Sieglinde Gontes was eerste van die veteraan vroue in 1:47:18.21.
Ná haar oorwinning het Haitope aan Nampa gesê die kompetisie was hewig, maar dat sy dit reggekry het om die vroeë aanslag van Naigamo die hoof te bied.
“Die roete was ook nie ’n maklike een nie. Uiteindelik het ek dit reggekry om eerste te wees. Ek is dankbaar vir die teenstanders wat my so hard gedruk het.”
Haitope het verklaar dat dit haar laaste wedloop vir die jaar was en dat sy vroeg in volgende jaar weer in erns sal begin oefen. Dit sal ter voorbereiding op die IAAF wêreldkampioenskap in Londen wees. Die jong langasem van die Namibiese polisiespan het twee maande gelede in die Kaapstad Marathon die Olimpiese kwalifiserende tyd in 2:40:43 behaal.
Sy het die ontluikende jeug aangemoedig om nie hul talent verlore te laat gaan of weg te steek nie, maar om hulself te druk om te sien hoe ver hulle kan gaan.
SONDER GELD, NET ’N DROOM
Naigambo, ’n veteraan wat vanjaar haar derde Olimpiese verskyning in Rio de Janeiro gemaak het, het aan Nampa gesê daar is baie talent vir padwedlope in Namibië. Sonder ’n geldelike belegging in die toekoms sal die prestasies egter nie met die res van die vasteland kan bybly nie, sê sy.
Beter finansiering van ontwikkeling en tyd vir voorbereiding is volgens Naigambo egter noodsaaklik om die potensiaal tot volle uiting te bring.
“Atletiek is ’n loopbaan op sigself en moet ernstig opgeneem word. Om ’n sportman of sportvrou te wees, verg dissipline en toewyding. As jy daardie twee eienskappe ten toon stel, behoort dit nie moeilik te wees om iemand te vind wat jou sal ondersteun nie.”
• Meer as 100 hardlopers van dwarsoor die land het die naweek se byeenkoms kom ondersteun.
Die RKC Hardapkampioenskap word sedert 2010 aangebied as deel van van die sentrum se opheffing van die gemeenskap.
Ander wenners van kategorieë:
Meesters 10 km
1 Albert Papama – 46:14.60
2 Achim Herma – 51:36.09
3 Manie Ross – 55:54.55
Meesters 21 km
1 Kristof Ndunga – 1:19:07.98
2 Attie Weyers – 1:35:14.74
3 Robert de Klerk – 1:39:29.15
Junior vroue 21 km
1 Ndinelao Dumeni – 1:40:03.99
2 Julia Mbwale – 1:42:27.27
3 Selma Stefanus – 1:46:11.70
Junior mans 21 km
1 Daniel Paulus – 1:11:54.81
2 Simon Paulus – 1:12:41.94
3 Ambrosius Pieters – 1:17:11.95
Subveteraan mans 21 km
1 Paulus Vilho – 1:09:58.63
2 Erich Goeieman – 1:12:12.62
3 Simon Shipanga – 1:12:34.03. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie