Hakkie Louw wys Rooi Bulle die koers
Klubrugby
Rehoboth Rugbyklub het reeds op 4 Januarie met sy oefeninge vir die nuwe seisoen begin.
Die bestuur verwag dat die 2018 rugbyseisoen vir ondersteuners meer opwinding kan as verlede jaar meebring. Die klub het mnr. Jacobus Louw, algemeen bekend as Hakkie, as hul hoofafrigter aangestel.
Hakkie het reeds in 1988 met afrigting begin toe hy oor die eerste span van Dr. Lemmer beheer geneem het. Hy het ook dieselfde jaar op klubvlak die Cross Country-streekspan afgerig, onder die wakende oog van wyle oom Henning Snyman en Gert Fourie.
In 1992 was hy as stigterslid ook as afrigter van Reho Falcon aangestel, benewens ’n suksesvolle toer na Zimbabwe met Dr. Lemmer.
In 1995 wen hy die gesogte Rapport-toernooi in Stellenbosch met Reho Falcon teen Swans rugbyklub van Windhoek.
Louw was ook gekies om die senior nasionale span se agterlyn af te rig en was drie keer by kwalifisering vir die Wêreldbeker betrokke gedurende die eras wat Johan Venter en John Williams die hoofafrigters was.
By die nasionale o.20-span was hy eers hulpafrigter en is daarna as die hoofafrigter aangestel.
Louw het sy Wêreldrugby kwalifikasie as opleier van rugby-afrigters verwerf, met beide die vlak 1 en 2 afrigtersertifikaat. Hy het in dié verband afrigtingsklinieke bygewoon wat onder andere deur Lee Smith (Nieu-Seeland), Nelie Smith (RSA) en andere aangebied was.
Louw sê hy is baie opgewonde om weer by afrigting betrokke te kan wees. Hy wil Rehoboth binne die volgende jaar of twee weer op die wenpad bring, maar as dit vroeër gebeur, is dit ’n bonus.
Rehoboth se oefeninge oefen lyk tans besonder gesond met tot 45 spelers wat by die veld opdaag.
Die Rooi Bulle behou al sy spelers van verlede jaar en met aanwinste soos Loyd van Wyk, Collin de Koe, Milando Titus, Howard Titus, Brandon Dentlinger, Udo Mall en Steward Swartz van Reho Falcon en die losskakel Xavier van Wyk van Unam, voorspel Hakkie se span moeilikheid. Jong spelers soos Nicarlo Freygang en Verodeon Gertze het hulle ook by die klub aangesluit.
“’n Fikse Rehoboth-span kan enige klub klop. Ons bestuur is baie positief en sien uit na hierdie jaar,” sê Marschell Diergaardt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie