Halleluja Namibië-gospelfees: VMSIX
Halleluja Namibië, ’n gospelfees van lofsang, aanbidding en musiek, sal vanjaar op Saterdag 7 November vir die tweede agtereenvolgende jaar in Windhoek aangebied word.
Sangers onder wie Heinz Winckler, Joe Niemand, Andriëtte Norman, Rouchelle Liedemann, Louis Brittz, Retief Burger, Adam Barnard, Krisstel Combrink en plaaslike musikante VMSix, Ponti Dikuua & choir en Dnaf sal besoekers op die dag vermaak.
Die doel van die Halleluja Namibië-fees is om mense byeen te bring en aan gelowiges die geleentheid vir aanbidding te bied. Pensioenarisse en kinders onder die ouderdom van 12 jaar ontvang 50% afslag op kaartjies. Kaartjies word by Computicket teen N$250 per persoon vir die goue sirkel en N$150 vir algemene sitplekke verkoop.
VMSIX
The Vocal Motion Six (VMSIX) is al beskryf as ’n “verskynsel” en ’n groep wie se musiek ’n diepgaande uitwerking op die gees van mense het.
Hulle musiek is ’n treffende vermenging van gospel, jazz, R&B, inspirasie en pop. Die groep bestaan uit vyf lede, die broers Mark en Peter Chizyuka, Jones en Vasco Mario en Lilani Kisting.
Sedert 1999 hou hulle opvoerings en maak hulle musiek in Namibië én internasionaal. VMSIX het al vele nasionale en internasionale toekennings ingepalm (24 in totaal) en drie albums opgeneem, onder meer Ekundungu.
Die groep sing in Engels, Afrikaans en ander Namibiese tale sowel as Spaans, Italiaans en Portugees. Op die oomblik is hulle besig om liedjies in Fins en Chinees aan te leer.
In hul onderneming om ’n bydrae tot die gemeenskap te maak, het VMSIX die platform “Living Positive” geskep om deur hul musiek die jeug te inspireer om goeie keuses uit te oefen in die stryd teen MIV/vigs in Namibië. In 2007 het hulle kragte saamgesnoer met ’n jong vrou wat MIV/vigs positief is en deur 11 streke in Namibië getoer om hul boodskap oor te dra.
Vir meer inligting skakel 061 300 650 of stuur ’n e-pos aan hn@camp davidnam.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie