Halleluja Namibië gospelfees weer aangebied
Die Halleluja Namibië-fees, ? gospelfees van lofsang, aanbidding en musiek, sal vanjaar op Saterdag 7 November vir die tweede opeenvolgende jaar in Windhoek aangebied word.
Sangers, onder wie Heinz Winckler, Joe Niemand, Andriëtte Norman, Rouchelle Liedemann, Louis Brittz, Retief Burger, Adam Barnard, Krisstel Combrink en plaaslike musikante VMSix, Ponti Dikuua & choir en Dnaf, sal besoekers op die dag vermaak.
Die doel van die Halleluja Namibië-fees is om die land se mense byeen te bring en aan gelowiges die geleentheid vir aanbidding te bied. Pensioenarisse en kinders onder die ouderdom van 12 jaar ontvang 50% afslag op kaartjies. Kaartjies word by Computicket teen N$250 per persoon vir die goue sirkel en N$150 vir algemene sitplekke verkoop.
Ponti Dikuua
Ponti het op die vroeë ouderdom van vyf jaar begin sing.
Sy sangtalent is ontdek toe hy in die Mascato Jeugkoor gesing het. Hy is tans 'n lid van die Maranatha Sangers. Hy het nie net as solis in hierdie kore opgetree nie, maar het ook liedere vir hulle gekomponeer wat in Namibië en oorsee opgevoer is. In 2007 het hy by die College of the Arts (Cota) in Windhoek ingeskryf waar hy deur Hermien Coetzee afgerig is. Ponti het ook as solis saam met die wêreldbekende Kokkopelli-koor in Kanada opgetree. In 2010 is hy deur die Namibiese ambassade in Berlyn genooi om as hoofkunstenaar by sy onafhanklikheidsvieringkonsert op te tree.
Ponti het sy eie opnamestudio en benewens sy besondere vokale talente is hy ook ? uitstekende vervaardiger. Hy het korporatiewe musiek vir FNB en De Beers Marine Namibië vervaardig en opgeneem.
Louis Brittz
Louis Brittz is ? toonaangewende Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer van Christelike musiek, aanbiddingsleier, musiekprodusent en ‘n openbare spreker.
Hy is ook die hoof uitvoerende beampte van Merchant Music en mede-eienaar van Urial Uitgewers. Benewens sy vele optredes het hy albums vir die Soweto Strykkwartet, Laurika Rauch en Retief Burger geproduseer.
Louis tree saam met ? orkes van professionele musikante op. Hulle lewer ? dinamiese optrede gebaseer op aanbidding en akoestiese rock-musiek met Afrikaanse, Europese en Amerikaanse invloede. Dit is ? unieke styl en is die hoofrede vir sy internasionale toere die afgelope 15 jaar.
Hy tree in noue samewerking met Suid-Afrikaanse jeugbedieningsgroepe as projekleier, produsent en evangelis op, maar is veral bekend as mobiliseerder van jong volwassenes na ? radikale en relevante Christenskap, wat stewig in die samelewing geïntegreer is. Vir meer inligting oor die fees, kontak Camp David by 061 300 650 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie