Halleluja Namibië-gospelfees weer aangebied
Halleluja Namibië, ’n gospelfees van lofsang, aanbidding en musiek, sal vanjaar op Saterdag 7 November vir die tweede agtereenvolgende jaar in Windhoek aangebied word.
Sangers onder wie Heinz Winckler, Joe Niemand, Andriëtte Norman, Rouchelle Liedemann, Louis Brittz, Retief Burger, Adam Barnard, KrissTel Combrink en plaaslike musikante VMSix, Ponti Dikuua & choir en Dnaf sal besoekers op die dag vermaak.
Die doel van die Halleluja Namibië-fees is om die land se mense byeen te bring en aan gelowiges die geleentheid vir aanbidding te bied. Pensioenarisse en kinders onder die ouderdom van 12 jaar ontvang 50% afslag op kaartjies. Kaartjies word by Computicket teen N$250 per persoon vir die goue sirkel en N$150 vir algemene sitplekke verkoop.
Adam Barnard
Ná ’n uiters suksesvolle loopbaan, met ses albums wat in Suid-Afrika, die Verenigde Koningryk en Duitsland vrygestel is, het Adam Barnard van die gewilde ligte klassieke groep Romanz besluit om ’n solo-loopbaan te begin.
Adam se eerste solo-liedjie is getiteld “Ruk My Tot Stilstand”. Adam het die afgelope drie jaar geroepe gevoel om die Here te begin bedien deur sy musiek en so het ’n nuwe pad vir die jong man met ’n onmiskenbare passie vir musiek begin.
Van sy mees gekoesterde herinneringe met Romanz sluit optredes saam met Andrea Bocelli, Rod Stewart en Catherine Jenkins in. Baie spesiaal was natuurlik die optrede by prins Albert en prinses Charlene van Monaco se troue.
Geloof in God en ’n groot liefde vir die boodskap van die evangelie het Adam se voete stewig op die aarde gehou. Ná die sukses wat hy geniet het met Romanz bly hy nederig en is gereed om te begin met die groot werk van God waartoe hy geroepe voel.
KrissTel Combrink
KrissTel is ’n sangeres en liedjieskrywer, Christelike kunstenaar en aanbiddingsleier.
Haar loopbaan het begin toe sy deur Louis Brittz ontdek is. Sy het al dikwels saam met hom opgetree.
Albei haar albums, Made to be loved en Opstaan, het SAMA-nominasies ontvang. Sy is ook ’n aanbiddingsleier van die Afrikaanse lof- en aanbiddingsgroep Duis:Lig wat groot opslae in aanbiddingskringe gemaak het. Hul debuutalbum was vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning genomineer. Duis:Lig 2 is in Oktober 2014 vrygestel en het die Ghoema-toekenning vir die beste Christelike album in 2015 gewen. KrissTel is met ’n boer getroud en hulle bly naby Carolina waar sy ook as mentor vir ’n groep jong tienermeisie optree.
•Vir verdere inligting skakel 061 300 650 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie