Halleluja Namibië weer aangebied
Die Halleluja Namibië-fees, ‘n gospelfees van lofsang, aanbidding en musiek, sal vanjaar op Saterdag 7 November vir die tweede opeenvolgende jaar in Windhoek aangebied word.
Sangers, onder wie Heinz Winckler, Joe Niemand, Andriëtte Norman, Rouchelle Liedemann, Louis Brittz, Retief Burger, Adam Barnard, Kisstel Combrink en plaaslike musikante VMSix, Ponti Dikuua & choir en Dnaf, sal besoekers vermaak.
Die doel van die Halleluja Namibië-fees is om die land byeen te bring en aan gelowiges die geleentheid vir aanbidding te bied. Pensioenarisse en kinders onder die ouderdom van 12 jaar ontvang 50% afslag op kaartjies. Kaartjies word by Computicket teen N$250 per persoon vir die goue sirkel en N$150 vir algemene sitplekke verkoop.
Retief Burger
Retief Burger se musiek vind aanklank by ’n wye spektrum mense omdat dit opreg en modern is.
Hy is ’n aanbiddingsleier en glo God het hom geroep om mense na die hart van die Vader te lei. Hy het 'n passie om nuwe leiers op te lei wat oor alle kerk- en generasiegrense saamwerk.
Hy sê hy het nooit die begeerte gehad om ‘n “kunstenaar” te wees nie; hy wou aanvanklik net toepaslike Afrikaanse lof- en aanbiddingsliedjies skryf om die studente by Kruispunt (’n studentebediening op Potchefstroom) in God se teenwoordigheid in te lei.
Dit was Louis Brittz wat hom ná jare se getorring oorreed het om sy musiek op CD vas te lê. Dus is Luidkeels in 2005 vrygestel en het dit goue- en daarna platinumstatus verwerf. Retief se opvolgalbum, Luidkeels Hersien, het in 2008 die SAMA-toekenning vir beste Afrikaanse gospel-CD gewen en het goue status behaal. Toe volg Luidkidz, Luidkidz 2, Luidkeels Oorgegee en Dieper.
Retief is voltyds betrokke by Every Nation, sy gemeente in Pretoria waar hy as senior leraar dien.
Hy is ook ‘n kranige sportman wat al die Comrades en die Ysterman-kompetisie kafgedraf het en is 'n uithaler gholfspeler.
Rouchelle Liedemann
Die inspirerende Suid-Afrikaner Rouchelle Liedemann word as een van Afrika se talentvolste sangers beskou.
Sedert Rouchelle sowat 18 jaar gelede die Suid-Afrikaanse sangkompetisie Reach for the Stars gewen het, was daar nog geen keer aan die Kaapse kunstenaar nie.
Rouchelle is ‘n bekende gesig by van Suid-Afrika se grootste musiekkonserte, waaronder verskeie Huisgenoot Skouspel, Radio Tygerberg Gospel Skouspel en World Aids Day Gala Concert. Sy het al in Nederland opgetree en het in televisieprogramme soos onder meer SABC 2 se bekende Noot vir Noot, SABC 3 se Expresso en kykNET se Christmass with God-program verskyn.
Een van haar solo-optredes by die Lausanne Internasionale Kongres is regstreeks in 73 lande uitgesaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie