Hallelujah Namibië
Ons bring lof saam met gospel-sangpaar Anders.
Hallelujah Namibië, 'n nasionale geleentheid van lofsang en aanbidding, word vanjaar weer in Windhoek op Saterdag 4 November by WHS se Vegkop-stadion aangebied.
Ons sien uit daarna om bekende sangers en musikante te verwelkom soos Namibië se eie Maranatha, Ponti Dikuua en Collective Singers, asook Clive Willemse van die NOW generation!
Ons sien ook uit na Suid-Afrikaanse gunstelinge soos Retief Burger, Louis Brittz, Juanita du Plessis, Elvis Blue, Louis Loock, Rochelle Liedemann, Neville D en ook die gospel-sangpaar Anders.
Die doel van die geleentheid is om die land se mense byeen te bring en aan gelowiges die geleentheid te gee om as 'n eenheid en in groot getalle die Here Jesus te aanbid. Ons beleef ook dat God 'n boodskap van hoop vir Sy mense wil gee, terwyl ons aan Hom al die lof en eer bring.
Wynand en Lindi Delport, die getroude sangpaar van die bekroonde duo Anders, doen dinge inderdaad anders!
Met twee Ghoema-musiektoekennings is Anders gewis 'n Afrikaanse kontemporêre groep om dop te hou!
Hul musiekvideo's van die jubellied “Ons Koning kom” en die liefdeslied “Mooi vir my” was uiters gewild.
In 2017 maak hulle reg vir hul grootste vrystelling nóg.
Hul nuwe gospel-album, waarmee hulle vyf jaar lank besig was, is op pad. Die duo lei immers elke Sondag getrou aanbidding by hul eie gemeente in Pretoria.
Die nuwe liedjies, geskryf deur die sangpaar, beloof om gospel-luisteraars iets vars te bied - veral vir gemeentes se lof- en aanbiddingsgeleenthede.
Die lied getiteld “Die tyd is nou”, gesing saam met Hemelbesem, beloof om uit te staan ver bo dit wat al in die Afrikaanse mark gehoor is.
Met 'n boodskap waarmee almal hulle kan vereenselwig, poog Anders om hoop en vrede vir mense te bring. Hulle sê: “Ons het regtig uit ons harte geskryf, en wil God se Woord met ons gehoor deel.”
Ons sien uit daarna om hierdie unieke sangpaar by Hallelujah Namibië te hê!
Kaartjies vir Hallelujah Namibië is reeds beskikbaar by www.webtickets.com.na, of by enige Pick n Pay-sentrum. Die Camp David-kantoor verkoop ook kaartjies. Kontak hulle by 061 300 650 of by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie