HALLELUJAH NAMIBIË BRING WEER LOF

Lloyd Zandberg
Hallelujah Namibië, ’n nasionale lof- en aanbiddingsgeleentheid wat die afgelope drie jaar in Windhoek plaasgevind het, was tot groot seën van ons land en sy mense.

Soos ons leuse dit duidelik stel: ’n Nasie bring lof – a nation in praise; is dit ons begeerte dat ’n land byeen moet kom om lof te bring aan ons Hemelse Vader.

Mense het onbeskaamd ons Koning Jesus aanbid, en van die eerste liedjie af met toe oë gestaan of gekniel in aanbidding.

Dit het telkens die kunstenaars so geseën, dat hulle ná die tyd nie uitgepraat kon raak oor die mense se betrokkenheid nie. Louis Brittz, ons uitvoerende regisseur, getuig dat dit hom elke jaar so verras en dat hy hierdie tipe diep aanbidding nog net by Hallelujah Namibië beleef het.

Ons het die afgelope jare al ’n verskeidenheid geliefde kunstenaars betrek soos Heinz Winckler, Andriette, Joe Niemand, Corlea, Bobby van Jaarsveld, Loyiso Bala, Elvis Blue en Dewald Gouws.

Gospel-duette soos Onbeskaamd en Duis:Lig het vir die eerste keer saam op een verhoog opgetree.

Ons het jaarliks ook kunstenaars van Namibië betrek, bv. Sanette Lamprechts, Maranatha, Ponti Dikuua met die Collective Singers, DNAF, VMSIX en Tiro. Hulle was almal deel van hierdie suksesverhaal. Ons wil plaaslike kunstenaars ook die geleentheid gee om by die grootste opelugkonsert in Namibië betrokke te wees.

Ons nooi ook jaarliks kunstenaars wat ’n hart vir aanbidding het soos Retief Burger, Rouchelle Liedemann en Louis Brittz. Ons visie is nie om ’n konsert te hou nie, maar ’n aanbiddingsgeleentheid - ware aanbidding vir ons Koning is waaroor dit gaan.

Die musikante wat jaarliks die pragtige musiek maak, is van die beste in hul veld, en dus was elke jaar se aanbiddingsgeleentheid ook van topkwaliteit, en kon ons regtig vir ons Koning ’n lofoffer van uitnemendheid bring.

Ons het in die verlede getuienis ontvang van mense wat tydens hierdie geleenthede vir die eerste keer vir Jesus as hul Verlosser aangeneem het, en ook van ander wat kon ervaar hoe dit in hul gesinne genesing gebring het. Ons gee aan die Heilige Gees al die eer, wat deur musiek en sang mense bedien en ophef en nuwe hoop gee.

Wat 4 November 2017 betref, beplan ons ’n aand van wêreldklas-lofprysing en aanbidding vir ons nasie by die Vegkop-stadion in Windhoek.

Kom loof Hom onder die sterrehemel saam met gospelgunstelinge soos Elvis Blue, Juanita du Plessis, Neville D, Retief Burger en nog vele meer.

Bespreek nou reeds u kaartjies deur webtickets of by Pick n Pay. Vir navrae is u welkom om ons te skakel by (061) 300-650, of om ’n e-pos te stuur aan [email protected].

Mag ons as nasie leer om ’n leefstyl van aanbidding te hê. Mag ons Hom met ons lewens eer elke dag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!