Hallelujah Namibia gaan winkels toe!

Lloyd Zandberg
Hallelujah Namibia vind op Saterdag 4 November plaas.

Die nasie gaan voor God buig en Hom loof en prys.

Dit word by Vegkop-­stadion by Windhoek Hoërskool gehou en beloof om weer eens 'n ­ongelooflike geleentheid te wees.

Namibiese talent soos Ponti Dikuua en die Collective Singers, Maranatha en Clive Williams sal daar optree, en daarmee saam ook ander geliefde sangers soos Retief Burger, Louis Brittz, Elvis Blue, Juanita du Plessis, Neville D, Louis Loock, Anders en ­Rouchelle Liedemann.

Op Donderdagaand 28 September sal Hallelujah Namibia by Auas Valley Mall se “Late night shopping” bekend gestel word. Kom kyk gerus en koop jou ­kaartjie by die ­Webtickets-stalletjie.

Op Saterdag 30 September sal Hallelujah Namibia ook by die Grove Mall in Windhoek bekend gestel word.

Sorg dat jy daar is tussen 10:00 en 12:00. Jy kan kyk en luister na Louis Brittz, plaas­like kunstenaars en 'n dansverrassing wat mense gaan opgewonde maak.

Louis Brittz sal Sondag 1 Oktober ook by die Agape-­gemeente in Jeanettestraat, Ludwigsdorf, tydens albei dienste optree. Wees daar tussen 08:00 en 09:00 of 10:00 en 11:30.

Kaartjiehouers vir Hallelujah Namibia kan talle pryse wen! Kaartjies is by www.webtickets.com.na of by Pick n Pay-winkels se kiosks beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!